Waarom besluit jy nie om sommer net die buitelyne van ons karakters te gebruik nie? Dit laat ons die karakters as ’n tekstuur sien eerder as vorms. Tot nou toe het ons tekstuur verbind met ’n manier om dimensie op oppervlakafwerking aan te dui, maar visuele tekstuur kan talle dinge wees. As jy ’n oppervlakte van kruisarsering teen hierdie beeld hieronder hou en jou oë op skrefies trek, is die kanse groot dat jy nie die een van die ander een sal kan onderskei nie. As ons vergeet dat dit letters is, is dit slegs lyne wat mekaar kruis, en sodoende skep dit ’n visuele tekstuur.
Die voorbeeld hierbo is ’n buitelyn van die oorspronklike ontwerp – kyk weer daarna as jy dit nie raaksien nie!
“Ontwerpers kan normaliteit uit chaos skep; hulle kan idees duidelik deur die organisering en manipulering van woorde en beelde
kommunikeer.”JEFFREYVEEN “
Die voorbeeld links is ’n herhalende patroon van die oorspronklike ontwerp/uitleg van ons tien blokkies. Dit is ’n tekstuur wat uitsluitlik met lettertipes geskep is. Trek jou oë op skrefies en jy sal begin om te sien hoe die swaarder buitelyne na vore kom en die dunner buitelyne lyk of dit na agter beweeg.