Die volgende stap is om jou letter(s) in ’n A4-formaat óf in volkleur óf in swart en wit te druk of te teken. Onthou om nie die oorspronklike voorwerp te verander nie. Wanneer dit gedoen is, maak al die verskillende letters van die klas bymekaar en plak die groeppoging van 26 alfabetletters teen ’n muur.
Onthou om ’n foto van die voltooide gevonde/kitsklaar alfabet te neem. Een foto van die voltooide alfabet kan vir die hele klas gekopieer en uitgedeel word sodat elke leerder dit by sy of haar werkboek kan voeg. Dit is belangrik dat al die finale werke opgeteken word en by jou werkboek of joernaal ingesluit word.
Marcel Duchamp, Fountain en L.H.O.O.O Mona Lisa
? 104 /////
HETJYGEWEETGeskiedenis van die “gevonde voorwerp”: Die term “gevonde” verwys hier na die toepassing van die kunsterm “gevonde voorwerp” (Frans: objet trouvé) of kitsklaar (readymade), ’n term wat kuns beskryf wat geskep is van onvermomde, maar dikwels gemodifiseerde voorwerpe wat nie normaalweg as kuns gereken word nie. ’n Gevonde voorwerp kan ’n natuurlike of mensgemaakte voorwerp (of prent) wees wat deur ’n ontwerper gevind (of soms gekoop) en gebêre is as gevolg van een of ander intrinsieke kwaliteit wat die ontwerper daarin sien. Gevonde voorwerpe kan op hulle eie as kunswerke of ontwerpe hanteer word, en ook inspirasie vir die kunstenaar of ontwerper verskaf.