• Uitdagings • Moontlike oplossings • Bemarkingstrategieë van die persoon met wie die onderhoud gevoer word (besigheidskaartjie beskikbaar?)
• Mate van sukses/prestasies • Enige omgewings-/maatskaplike kwessies betrokke • Toekomsplanne van die ondervraagde • Raad aan voornemende kunstenaars/ontwerpers • Oop vraag om vir die ondervraagde die geleentheid te gee om enigiets by te voeg wat hy/ sy dalk wil, “Kan u my iets vertel oor ...?”
• Onthou om gebruik te maak van vrae wat langer antwoorde sal ontlok, byvoorbeeld “Watter vorige ervaring het u?” eerder as “het u enige vorige ervaring?” “. Die tweede vraag kan met ’n vinnige ja of nee beantwoord word en jy sal niks daaruit leer nie. Die eerste vraag lok ’n beskrywende antwoord uit waaruit jy baie kan leer.
Wanneer jou onderhoud of vraelys uitgewerk is, kontroleer dit met ander leerders in jou klas. So kan julle waardevolle terugvoer kry oor hoe om die bewoording van die onderhoud te verbeter. Die ondervraer kan moontlik sien dat daar verbeterings aan die struktuur van die onderhoud aangebring moet word voordat dit in ’n ware onderhoud gebruik moet word.
Verwysing: Uitstappies vir die identifisering van Loopbaan- & Tersiêre Geleenthede vir leerders in visuele kunste en ontwerp - ’n Program vir Kuns & Kultuur Fokusskole 2010
Jy kan die volgende template gebruik. Die eerste een is om jou te help om jou onderhoud op te stel en te besluit op vrae en benaderings, en die tweede templaat is waarop jy jou onderhoud(e) kan konsolideer en jou gevolgtrekkings neerskryf.