Ons het nou gesien dat om ’n beter toekoms vir ons almal te skep, ontwerp ’n innoverende, hoogs kreatiewe, interdissiplinêre stuk gereedskap moet word wat die ware behoeftes van die mens in ag moet neem. Dit moet deur navorsing gedryf word en ons moet ophou om ons planeet te vernietig deur dit met swak ontwerpte voorwerpe en strukture te vul. Ontwerp moet betekenisvol word. Ons kan nie aanhou om net te ontwerp ter wille van die ontwerp van net nog ’n voorwerp nie. Dit is vandag net nie meer genoeg nie. Om ’n goeie ontwerper te word, is vinnig besig om ’n multidissiplinêre loopbaan te word. Om slegs ’n goeie grafiese, mode- of produkontwerper te wees, is bloot nie goed genoeg nie. Jy moet werklik ook ’n probleemoplosser, ontleder, en strategiese en holistiese denker word – iemand met ’n goeie insig in die funksionering van mense en hulle omgewings.
Aan die begin van hierdie module het ons jou gevra of jy al ooit die lemmetjies van jou duur skeermes wou vervang net om uit te vind dat jy dit nêrens kan kry nie omdat daar ’n nuwe weergawe is, en die nuwe lemmetjies nie op jou ou skeermes pas nie (en nou moet jy ’n nuwe skeermes ook koop). Wat gebeur byvoorbeeld met al die balpuntpenne en tandeborsels wat ons so maklik weggooi as ons dit nie meer wil hê nie?
In David Berman se boek, Do good Design, gee hy die volgende inligting wat jou dalk na jou asem kan laat snak.
Die volgende vind elke dag in die wêreld plaas: 1 200 000 000
Marlboro-sigarette word deur die VSA uitgevoer McDonald’s-klante word bedien BIC-penne word weggegooi
kilo’s plastiek word vir gebottelde water gevorm hektaar antieke woude word vernietig
kinders onder die ouderdom van 5 jaar sterf as gevolg van armoede mense word met die MIV-virus besmet
reklameboodskappe word deur die gemiddelde Amerikaner gesien kinders in Afrika sterf aan onbehandelde malaria mense sterf in China in motorongelukke
160 MIV-babas word in Suid-Afrika gebore 73
spesies sterf uit IS DIT NIE SKOKKEND NIE?
Daar is soveel menslike lyding wat elke dag plaasvind as gevolg van heeltemal behandelbare of voorkombare siektes. Vergelyk dit met die oordadigheid in die boonste paar reëls. Daar moet tog seker ’n manier wees om balans in ons wêreld te skep?
Kan jy dink hoeveel skade 14 miljoen plastiekpenne per dag aan opvullingsterreine doen? Dit is tog sekerlik nie volhoubaar nie! Een van die belangrikste doelwitte wat ons as verantwoordelike ontwerpers en verbruikers moet hê, is om hierdie praktyke te staak en ’n beter wêreld te skep deur meer volhoubare opsies te ontwikkel met alles wat ons doen en koop. As ons dit kan regkry om produkte, stelsels en omgewings te ontwerp wat die planeet kan vernietig, kan ons die teenoorgestelde doen? Dis nie so vergesog nie, is dit?