1 PROJEK Skep jou eie A2 “SA Populere Kultuur” visuele verwysing bord.
Om werklik die Suid-Afrikaanse populêre kultuur en die mag van tydskrifte en e-zines te verstaan en hoe dit populêre kultuur beïnvloed, is dit belangrik dat jy tyd spandeer om die jongste idees, modes, tegnologie, nuwe toebehore (gadgets), produkte, kleure, tendense, bekende individue en wêreldgebeurtenisse te ondersoek wat in tydskrifte gedokumenteer word. Om dit te bereik, moet jy ’n A2-grootte “SA Pop-Kultuur” visuele verwysingsplakkaat skep.
Lees vir een week deur soveel huidig gedrukte tydskrifte as moontlik, en besoek baie Suid-Afrikaanse e-zines en populêre kultuurblogs. Skryf aspekte neer en kry beelde van populêre kultuur onder die volgende opskrifte:
•
• •
•
Mode en bykomstighede: Kyk na dit wat vermaaklikheidsterre dra (nasionaal en internasionaal), advertensiebladsye vir handelsname of modewinkels, spesifieke haarstyle, bykomstighede, spesifieke kleure of motiewe.
Produkte: Meubels en produkstyle, spesifieke toebehore, produkstilering, ingekorporeerde teorieë soos volhoubaarheid of bio-nabootsing.
Belangrike mense en hulle aktiwiteite: musikante, rolprentsterre, sporthelde en algemene vermaaklikheidsterre.
• Tegnologie: Dokumenteer nuwe tegnologiese verbeteringe en enige nuwe toebehore (gadgets).
Huidige uitgangspunte: Idees soos herwinning en verantwoordelike manier van leef, VIGS en ander sienings.
• Wêreldgebeure: Skryf vername politieke, sosiale en omgewingskwessies neer wat herhaaldelik die hoofopskrifte haal.
Voel vry om jou bevindige met vriende en familielede te bespreek – vra hulle of hul enige spesifieke element van populêre kultuur opgemerk het en, indien moontlik, vra hulle om by te dra tot jou notas en beelde.
Gebruik jou kommentaar, beelde en knipsels (knip slegs uit ’n tydskrif uit indien jy toestemming het!) van jou weeklange ontdekking om ’n A2-grootte visuele verwysingsplakkaat te skep wat die huidige populêre kultuur in Suid-Afrika uitbeeld. Sluit soveel voorbeelde in as wat jy kan, maar maak seker om die algehele vloei en voorkoms van jou plakkaat te oorweeg. Wanneer jou plakkaat voltooi is, besin daaroor en bespreek die verskeie populêre elemente wat op jou plakkaat uitgebeeld word in verhouding met ander leerders se plakkate.