’n Slaglyn is ’n goedkoop manier om ’n lang streep tussen twee punte te trek wanneer ’n liniaal nie sal werk nie. Deur die lyn tussen twee punte te laat klap, kan jy ’n redelike lang afstand met gemak dek. Dit is belangrik om te besef dat ’n slaglyn nie die plek van ’n reguit liniaal kan inneem nie. Die lyn wat die slaglyn produseer, is onduidelik en word soms moeilik gesien. Gebruik jou lang liniaal om oor al die lyne te gaan.
Hoe werk hierdie slaglyn? Skud eers die kryt binne-in saam met slaglyn (enige hardewarewinkel sal dit aanhou). Maak dan een punt van die slaglyn by jou beginpunt vas. Jy kan nou jou lyn stadig reguit trek of die slinger gebruik. Maak die lyn by die ander punt vas. Trek die lyn opwaarts en laat dit vinnig val. Die slaglyn sal op die oppervlak terugwip en ’n streep maak.
Onthou: daar is ’n paar kleurvariasies vir die slaglyn beskikbaar. Kies die kleur wat jy maklik kan sien!
STAP5 Vir jou finale tekening gebruik jy ’n verskeidenheid gekleurde bordkryt, of as dit beskikbaar is, kan jy verskillende kleure pastelle of selfs ’n kombinasie van die twee gebruik.
Onthou: Jy werk met ’n optiese illusie, Om hierdie illusie te skep, moet jou finale tekening in ’n realistiese styl gedoen word.
As jy ’n kamera of selfoon het, hou dit heeltyd by jou en onthou om jou proses met dieselfde passie te dokumenteer as die passie wat jy gebruik om die tekening te maak!
!
Jy kan baie dik bordkryt koop. Dis baie handig om groot oppervlaktes in te kleur. As jy wil hê dat die kryt meer “permanent” moet wees, doop die bordkryt in ’n oplossing van suiker en water. Versamel al die klein stukkies en los dit in die suikerwater op. Dit kan weer gebruik word en met jou vingers, ’n spons of ’n borsel aangewend word.
STAP6 Nou vir die prettige laaste deel! Net soos Ben Heine en Julian Beever realiteit in fantasie omskep het, of dalk fantasie in realiteit, kan jy dieselfde doen met jou tekening deur daarby betrokke te raak!