KWALITEIT VAN ILLUSTRASIE EN HAND- VERVAARDIGING IN SUID-AFRIKAANSE
POPULÊRE KULTUUR Handgetekende beelde, linosnee-afdrukke en illustrasies het ’n prominente geskiedenis in die visuele media van Suid-Afrika. Die anti-apartheidsplakkate, -pamflette en visuele media wat gedurende die 1970s en 1980s vervaardig is, is voorbeelde van hierdie ‘handgetekende’ of geïllustreerde kwaliteit (in Module 1 bespreek). Die linosnee “The Pregnant Maria” deur John Muafangejo is ’n wonderlike voorbeeld van die dinamiese, grafiese styl wat bereik kan word deur hierdie handvervaardigde medium te gebruik. Baie kontemporêre ontwerpers in Suid-Afrika word geïnspireer deur die ‘menslike’ kwaliteit wat gekommunikeer word deur handvervaardigde tipografie en grafika. Een voorbeeld is die 2012-plakkaat wat vir die “Locals Only”-uitstallings gemaak is. ’n Verskillende plakkaat is vir elkeen van die gasstede gemaak: Kaapstad, Johannesburg en Durban. Die plakkaat het ’n reeks herhalende syskermafdrukke, baie wat die sterk handvervaardigde kwaliteit van linosneewerke, verteenwoordig. Die gebruik van illustrasie en handvervaardigingsmetodes (soms werklik en soms gesimuleer) kom vandag voor in advertensies en op plakkate, pamflette, strooibiljette en op T-hemde, om net ’n paar voorbeelde te noem.
WorkingClass and Volcom
Stone, Cape Town’s ‘Local Only’- plakkaat, 2012
Nog ’n voorbeeld van handvervaardigde tipografie en illustrasie is naamborde wat gemaak is in townships vir winkels en dienste. Simon Weller se boek South African Township Barbershops and Salons (gepubliseer deur Mark Battey Publishers) vier die ontwikkelinge, artistiese vaardighede en sosiale belangrikheid van handvervaardigde naamborde. Hoewel kunstenaars nie oor veel beskik het nie en dikwels nie formele opleiding gehad het nie, het hulle die onopvallende winkelvensters verander in lewendige spasies wat die goedere of dienste wat aangebied word ten toon gestel het en hierdie naamborde het dikwels verwysing gemaak na gewilde figure in Amerika. Karakters is in ’n tweedimensionele styl met duidelike buitelyne uitgebeeld. Plat areas kleur het klere en ander details uitgebeeld. Tipografie was onreëlmatig en het dikwels die buitelyne van ander beelde van hindernisse, soos vensters, deure en mure gevolg. Die styl was organies, dinamies, het die aandag getrek, kragtig, vereenvoudig en dit het verteenwoordig wat dit beteken om ’n Afrikaan te wees. Die vermoë van hierdie kunstenaars om geïnspireerde werke te vervaardig uit beperkte of gevinde of tweedehandse hulpbronne verteenwoordig ’n sleuteleienskap van Suid-Afrikaanse kuns en ontwerp: die vermoë om iets wonderlik uit feitlik niks te skep.
John Muafangejo’s linosnee ‘The Pregnant Maria’
Beelde en voorblad van Simon Weller se South African Township Barbershops and Salons