Hulle moes een of ander handwerk leer: • Metaalwerk, weefwerk, houtwerk, ens. en industriële ontwerp. • Hulle beklemtoon funksionalisme en rasionalisme. • Hulle was verantwoordelik vir die idee van: Vorm-volg-funksie deur die produk van onnodige versierings te stroop en die natuurlike skoonheid van die materiale te vertoon. Hulle het klem geplaas op die ondersoek van formele en fisiese eienskappe van materiale om die ontwerpbeginsels te kry wat die idee van “getrouheid aan materiale” sou respekteer.
Weimar-teepot ontwerp deur Kenne, 1924.
PRODUKONTWERP
Gropius Tac-teepot.
Alma Siedhoff-Buscher was die eerste Bauhaus-praktisyn wat ernstig na ontwerp vir kinders gekyk het met hierdie nuwe produk genoem Naef Bauhaus Bauspiel. Hierdie ontwerp kon moontlik die voorloper wees van die bekende Lego van later jare.
Vir klasbespreking
Verdeel in ’n paar groepe. Lees die volgende opmerkings, let op die vrae, doen navorsing en hou ’n paar baie interessante en leersame besprekings! DEEL DIT DAN MET DIE RES!
Wat weet julle van die gebruik van kleur in moderne tye?
Het julle al ooit opgelet dat speelgoed, boeke en kinders se webwerwe gewoonlik groot blokke helder, primêre kleure bevat? Wonder julle nie soms waarom nie? Volgens studies wat gedoen is, verkies jong kinders hierdie kleure en reageer meer positief as wat hulle teenoor pastelkleure en dowwe mengsels sou doen. Kyk of julle meer kan uitvind.