Piet Mondrian het die basiese elemente van alle dinge op ’n koel, berekende en wiskundige manier geïnterpreteer as vertikale en horisontale lyne wat ’n rooster vorm wat met rooi, geel en blou gevul is! Hy het op sy eie manier ’n “geordende heelal of utopiese ideaal van spirituele harmonie en orde” geskep. En waarom nie? Hy het ’n vernietigende oorlogsgeteisterde omgewing oorleef !
Waar Mondrian kleur en lyn gebruik het om harmonie en balans in sy lewe te skep, het Skandinawiese ontwerpers warm en vrolike kleure gebruik. Het jy al ooit gewonder waarom? Skandinawiërs ervaar nege maande lank ’n donker en koue winter en het slegs vir ’n kort tydperk van drie maande per jaar ’n helder en heerlike somer. Hierdie klimaatsfaktore het daartoe gelei dat ontwerpers deur die wonderlike natuurwêreld en die konsep van ’n warm en huislike atmosfeer beïnvloed is.
Ons sien steeds vandag talle eietydse ontwerpers wat deur Skandinawiese ontwerpe bekoor word en dit gebruik om opwindende en nuwe interpretasies te skep!
Die oefeninge vir kwartaal 3 is gegrond op die herinterpretering van De Stijl en Skandinawiese ontwerpe en meer bepaald hulle gebruik van kleur en kleurteorie. Hopelik sal jy, nadat jy hierdie oefening voltooi het, die ingewikkelde wetenskaplike aard van kleur besef en verstaan, maar nog belangriker: jy sal deur die wye en diverse gebruik van kleur bekoor word.
Let op dat projek 9 sowel as projek 10 elkeen uit twee dele bestaan 9 PROJEK
DEEL EEN ’N SEËLVERSAMELING IN ROOI, GEEL EN BLOU
Die 50c- en 65c-seëls hierbo is deur prof. Wim Crouwel van Amsterdam ontwerp. Die skilderye “Komposisie 1922” deur Piet Mondrian is gebruik as hoofinspirasie vir die 50c-seël. Theo van Doesburg se kontra-konstruksie van die “Maison particuliere” (1923) is gebruik as oorwegende verwysing vir die 65c-seël.