Maket/maquette: ’n model op klein skaal/prototipe van ’n werklike 3D-beeld, gebou of konstruksie Mandala: ’n sirkelvormige rangskikking van geometriese vorms/prente; algemeen gebruik in Hindu en Buddistiese ontwerpe Mandjies/mandjievleg: proses om plantweefsels (buigbare materiale), soos denneboomstrooi, dierehare, vel, gras, gare en hout te vleg in ’n mandjie- of soortgelyke vorm; gewoonlik geklassifiseer as handewerk; vlegtegnieke is gewoonlik antieke en tradisionele tegnieke wat baie kultuurspesifiek is en van die een geslag na die ander oorgedra word; vaardigheid en praktyk van die maak van mandjies Massa: suggereer gewig of driedimensionele voorwerp of area Massavervaardiging: produkte of voorwerpe in groot hoeveelhede gemaak, gewoonlik deur ’n masjien Mates: grootte en afstand Meerdoelig: iets het meer as een gebruik Mensgemaakte voorwerpe: enige voorwerp wat deur die mens geproduseer word, kan handgemaak of massa deur masjiene geproduseer word Menslike behoeftes: menslike behoeftes kan bestaan uit die basiese behoeftes soos kos, lopende water, klere en mediese sorg tot meer komplekse behoeftes soos tegnologie, telekommunikasie, vervoer, vermaak, ens. Metode van konstruksie: die manier (stappe wat gevolg word) en die metode wat gebruik sal word om iets te bou of te produseer Metodologie: die wyse waarop ons weet wat ons weet; die manier waarmee ’n idee of probleem aangepak word; verwys na die korrekte en voorgestelde metode vir leer en onderrig Meubelontwerp: die ontwerp van meubelstukke soos stoele, beddens, kaste, tafels, die inkorporering van ergonomie (sien definisie onder ergonomies) is belangrik om tred te hou met die gemak en met menslike behoeftes; industriële- en binnehuise-ontwerpers spesialiseer soms in hierdie sektor Middelgrond: afdeling soos in ’n 2D-beeld wat tussen die voorgrond en agtergrond geplaas is Modelering: die skepping en vorming van ’n objek deur die gebruik van buigbare materiaal soos klei Modeontwerp: die ontwerp van klerasie en bybehore soos skoene, hoede, onderklere, ens. vir alledaagse gebruik
Modulasie: ’n maklike en geleidelike verandering Monochromaties: kleurskema wat ontwikkel vanuit die verheldering en verdonkering van ’n enkele kleur of skakering; die gebruik van kleure met ’n noue verband; ontstaan vanuit dieselfde kleur, maar toon ’n variasie van waarde (ligter of donkerder) van dieselfde kleur en het ’n aantal verwante kleure tot gevolg Monteer: om jou kunswerk op ’n sterker oppervlak, soos byvoorbeeld karton, te plaas om jou in staat te stel om jou werk te kan raam vir uitstaldoeleindes; die montering word aan die agterkant van die kunswerk geheg om ’n sigbare raam om die kunswerk te laat Mosaïek: gebreekte teëls of soortgelyke materiale wat gekombineer word om patrone/ontwerpe op 2D-of 3D-oppervlaktes aan te bring; geset in sement of pleister; word as versiering of dekorasie aangewend Motief: dominante tema of hoofgedeelte van ’n ontwerp; ingebou of komposisie; individuele element/simbool wat herhaaldelik deur die ontwerp gebruik word Motorindustrie: ontwikkeling en ontwerp van die voorkoms van voertuie soos motorfietse, vragmotors, busse, ensovoorts; neem ergonomika in aanmerking sodat basiese menslike behoeftes, gerief, funksionaliteit en veiligheid van elke voertuig nagekom word Multikulturalisme: inkorporeer die invloede en beelde van verskeie kulture Multimedia: die gebruik van ’n verskeidenheid aantal maniere om inligting oor te dra en inhoud soos animasie, teks, grafika, video, ensovoorts te benut met die doel om mense te vermaak; verwys ook na die elektroniese media wat multimedia stoor en gebruik word om multimedia te ervaar Muurverf: ’n ontwerp wat op die oppervlakte van ’n muur aangebring word
N
Negatiewe vorm/spasie: die spasie rondom die werklike vorm of voorwerp wat nie beset is nie; die ‘grond’ in ’n ‘figuur-grond’ verhouding; die afdeling wat nie beïnvloed en deur die vorm beheer word nie Neutrale kleure: verwys in die algemeen na die gebruik van nie-kleure of swart, wit en grys en alle skakerings tussenin; besit ’n baie lae vlak van saturasie Nie-figuurlik: onherkenbare vorms met ’n onnatuurlike interpretasie Nuttige produkte: bruikbare produkte