Kyk na voorbeelde van logo’s in jou omgewing en evalueer hulle volgens die eienskappe van ’n goeie logo-ontwerp.
Skryf alles in jou werkboek neer.
’n Voorbeeld kan wees: Identifiseer die saak of probleem: Skoolterrein onaantreklik en onhigiënies as gevolg van vullis wat oral rondlê. Besluit op ’n naam: OPRUIM!
Wat wil ons bereik en hoe gaan ons dit doen? Leerders hou nie daarvan om die skoolterrein te benut nie omdat dit so sleg lyk as gevolg van al die vullis. As ons dit kan opruim, kan ons die sportgeriewe geniet, op die gras sit en ons middagete nuttig en die vars lug buite geniet.
Sluit ’n missie- en visieverklaring in Ontwerp ’n logo wat volgens jou saamvat wat jy wil bereik. Aangesien hierdie projek oor die omgewing handel, kan jy aan die natuur dink as een moontlikheid. Onthou die eienskappe van ’n goeie logo en raadpleeg ook weer die tweede module waar stilering en vereenvoudiging bespreek is. Jy kan ook waag en interessante tegnieke probeer, soos om ’n werklike blaar te verf en dit as afdruk op papier te gebruik en hierdie afdruk as wegspringplek te gebruik vanwaar jy ’n proses van vereenvoudiging kan begin. Teken ’n paar rowwe sketse op klein skaal (ons noem dit scamps) en laat jou onderwyser jou help om die beste een te kies. Ontwikkel jou gekose ontwerp saam met jou onderwyser totdat jy tevrede is en teken dan hierdie ontwerp op goeie papier oor, voltooi dit en gee ’n pragtige en professionele logo in. Hou by ’n maksimum van twee kleure.
Die logo moet A5- of A4-grootte wees.
’n Paar voorbeelde van logo’s met ’n omgewingstema. Jy kan inspirasie soek, maar nie namaak nie!