297 MODULE 4: KWARTAAL 4 – Produkontwerp en bruikbaarheid
Toe sy firma uitgebrei het in 1881 deur die vestiging van ’n tapisserie- industrie by Merton Abbey Mills in Surrey, het Morris self nog ’n manier gevind om die middeleeuse gedagtes uit te beeld wat al sy werk inspireer, of dit nou op papier was of by die weefstoel. Hy het toe nog ’n aktiwiteit by al sy ander bygevoeg; hy het ’n direkte belangstelling in tipografie aangeneem. In die vroeër sewentigs het hy baie aandag bestee aan die kunste van manuskripversier- ing (illumination) en kalligrafie.
Die Groen Eetkamer
Tekstiele
Teen 1883 het Morris geskryf dat hy byna al die ontwer- pe wat hulle gebruik vir oppervlakversiering, muurpa- pier, tekstiele ensovoorts, self ontwerp het. Hy moes die teorie leer en tot ’n sekere mate ook die toepassing van weefwerk, kleurdery en tekstieldrukkery. Morris het dit duidelik verkies om ‘plat’ lyne en kleure te gebruik en het die ‘realistiese’ drie-dimensionele tonaliteit verwerp. Morris se voorkeur vir middeleeuse tekstiele was gevorm deur sy kortstondige vakleerlingskap. Hy het ook baie ge- hou van handgeknoopte Persiese tapyte.
Borduurwerk Morris het homself geleer borduur, en het met wol op ’n raam gewerk wat gebou was op bestelling met verwys- ing na ’n ou voorbeeld. Morris was baie aktief in die groeiende beweging wat wou teruggaan na oorspronk- likheid en die bemeestering van die borduurtegniek, en was een van die eerste ontwerpers wat geassosieer was met die Royal School of Art Needlework, met sy doel om Ornamentele Naaldwerk vir sekulêre doeleindes terug te bring na die hoë posisie wat dit eens op ’n tyd gedad het in dekoratiewe kunste.