Tegniese tekeninge: akkurate planne; tekeninge of voorstellings van voorwerpe; hou by die tegniese behoeftes in meestal die argitektoniese-, ingenieurs-, binnenshuise- en industriële ontwerpomgewings Teikenmark: die mark (spesifieke groep mense) wat jy van voornemens is om aan te verkoop; die mark wat jy wil teiken; ’n groep mense wat spesifieke en soortgelyke behoeftes projekteer Tekstielontwerp: bekendstelling van patroon; tekstiel en beelde op bv. matte, klerasie, materiaal en tapisserie deur die aanwending van ’n verskeidenheid tegnieke soos handverf, borduurwerk, skermdruk, ens. Teksturele veld: ’n wye area wat ’n eenvormige tekstuur het Tekstuur: visuele (tekstuureienskappe waargeneem deur sig) of tasbare oppervlak (tekstuureienskappe waargeneem deur aanraking); in ontwerp kan tekstuur geskep word met ’n patroon. Die tekstuur van wol sou anders lyk en voel as die tekstuur van fluweel Tendensvoorsiening: projekteer die toekomstige giere/bewegings wat ’n definitiewe invloed op die verbruiker se toekomstige produkte sal hê Tendensvoorspelling: lig ons in oor die toekomstige giere en bewegings; maak ons bewus van ontwerpindustrieë sodat alle ontwerpers en relevante besighede ingelig is oor wat en hoe hulle vooruit kan beplan binne hul onderskeie industrieë Tendense en modes: algemene rigting en neiging na ’n spesifieke styl wat ’n sekere tydperk sal domineer; die meeste kulture neem ’n wêreldwye modegier in hul verskillende markte aan en gebruik dit waar nodig Termoplastiek: materiaal wat plastiek word tydens die blootstelling aan hitte Tersiêre kleure: Die eindkleur wanneer een primêre kleur met ’n sekondêre kleur gemeng word bv. rooi en pers, geel en oranje, blou en groen, blou en pers, rooi en oranje, geel en groen Tint van kleur: ligter skakering van dieselfde kleur; die kleur + wit Toneelrekwisiet: enige losstaande of beweegbare voorwerp wat op die verhoog in ’n teaterproduksie gebruik word (soos ’n stoel of tafel); rekwisiete wat met die hand vasgehou kan word, staan bekend as handrekwisiete; agtergrondversierings kan ook na verwys word as toneelrekwisiete, maar slegs as die akteur daarvan gebruik maak; toneelrekwisiete word ook in televisie- en filmproduksies gebruik (props) Trompe l’oeil: wanneer ’n beeld of objek op ’n oppervlak geverf word en dit op so ’n manier gedoen word dat dit ’n illusie skep dat dit eg is Tweedimensioneel: werk/ontwerp wat op ’n plat oppervlak geskep word Tweekleurig: twee verskillende skakerings van dieselfde kleur Tweepunt-perspektief: die uitbeelding van 3D-objekte op ’n 2D-oppervlak deur die gebruik van lynsketse waar die lyne vertoon asof hulle weg van die kyker beweeg en op twee fokuspunte (verdwyningspunte) ontmoet; skep ’n illusie van spasie, diepte en volume Tydlyn/tydraam: die werklike volgorde van gebeurtenisse wat aangedui word deur die gebruik van spesifieke datums/tydgleuwe; meestal in ’n historiese konteks gebruik; ook in kontemporêre praktyk byvoorbeeld deur gebeurteniskoördineerders of projekbestuurders om ’n goedgestruktureerde plan vir ’n projek of gebeurtenis binne ’n toegelate tydlyn te kan uitvoer Tydsbestuur: die manier waarop jy die tyd beplan en bestuur wat aan jou toegeken is om ’n taak te verrig Tipografie: verskeidenheid style van letters
U
Uitleg: om ’n spasie te definieer vir ’n spesifieke doel; iets wat beplan en gereël kan word voor dit geïmplementeer word; organisering van die uitstalling van inligting op ’n spesifieke manier Universele fenomeen: byvoorbeeld ’n produk, diens, stelsel wat ’n lewensveranderde of fenomenale impak op ’n globale skaal het Universele ontwerp: items en areas wat deur enige individu, ongeag hul ouderdom, grootte of gebreke gebruik kan word Universele taal: ’n taal wat deur alle kulture verstaan kan word; visuele taal wat uitgebeeld word deur simbole, ikone; tekens wat dieselfde betekenis het, maak nie saak in watter kultuur of land dit voorkom nie, bv. ’n stopteken, lughaweteken, toiletteken, ens.