Sny elke letter uit. ’n Volwassene of onderwyser moet op hierdie stadium hand bysit. Wanneer die letters uitgesny is, kan jy weer van die houtgom gebruik om seker te maak dat al die lae wel aan mekaar vasgeplak is. Die gom kan oor die hele kartonoppervlak geverf word, aangesien dit die karton in een stap versterk en vernis. Gebruik fyn skuurpapier om die rande van die letters af te skuur. Hierdie tegniek is amper soos om met hout te werk en baie bevredigend!
Stal uiteindelik die woorde of sinne teen die muur of op die vloer uit.
Ons hoop dat jy sal aanhou om die wonderlike wêreld van die onkonvensionele, eksperimentele “gevonde en gemanipuleerde” letter , en ja, ook die ongelooflike wêreld van 3D-tipografie te ondersoek.