Van Oracle Bone-skrif tot die ontwikkeling van Li-skrif, wat steeds vandag in die hedendaagse China gebruik word.
Die vroegste vorm van Chinese skrif staan bekend as Oracle Bone- of Been-en-skulp-skrif en is in die Shang-dinastie gebruik. Die antieke Chinese beskawing was bygelowig en mense het dikwels oor die wêreld om hulle en hulle eie rol in die natuurlike wêreld gewonder. Die antieke Chinese sou dikwels voor groot gebeurtenisse of optredes die ouer persone, wat beweer het dat hulle die toekoms kon sien, raadpleeg namate die tyd verloop het, het die behoefte ontstaan om hierdie sessies vir toekomstige verwysing te dokumenteer, en simbole wat in skulpe of bene van diere gekerf kon word, is ontwikkel. Die Oracle Bone-inskripsies verteenwoordig ’n gesofistikeerde skrifstelsel van so vroeg as 1200 v.C., maar die oorsprong van hierdie skrifstelsel is steeds onduidelik. Na Oracle Bone-skrif het ’n meer ontwikkelde skryfstyl op gegote bronshouers en -figure tot stand gekom. Die funksie van hierdie skryfstyl het nou verband gehou met godsdienstige praktyke en aanbidding, aangesien die meeste van die houers wat hierdie inskripsies vertoon, ’n seremoniële doel gehad het. Alhoewel die meeste van die bronsinskripsies slegs ’n paar woorde lank was, is daar ’n paar voorbeelde van langer inskripsies.
ORACLE BONE
BIG SEAL
SMALL SEAL
EIETYDS
man vrou son
maan vis
reën
Die skryfstyle wat in China ontwikkel het, was baie ingewikkeld. Elke simbool kon talle betekenisse en uitsprake hê. ’n Chinese amptenaar wat geskiedenis bestudeer het, kon ’n aantal van die variasies wat in die vroeë skryfstyle aangetref is tot ’n meer eenvormige skryfstyl ontwikkel. Sy nuwe, eenvoudiger skrifstelsel, het as die Greater Seal- of Big Seal-skrif bekend geword en baie gewild geraak om te gebruik. Die vereenvoudiging van die Chinese skryfstyle was ’n geweldige ontwikkeling; tog het streeksverskille in die gebruik van skryfstyle en taal steeds kommunikasie regoor China moeilik gemaak. Toe keiser Ch’in Shih-Huang ses state van China oorwin en verenig het, wou hy ’n enkele taal en skrifstelsel hê. Die streeksverskille is in ag geneem en gestandaardiseer en Big Seal- het in Small Seal-skrif ontwikkel. As jy na die voorbeelde kyk, sien jy duidelik hoe Chinese karakters oor tyd heen ontwikkel het en meer abstrak geword het en van hulle oorsprong as prente wegbeweeg het.
Chinese ontwikkeling: Die diagram toon die ontwikkeling van Chinese karakters met verloop van jare. Beginnende met die Oracle Bone- skrif, deur die vereenvoudigende siklusse van Big Seal en Small Seal tot eietydse Chinese style.