Haar installasies word dikwels gerangskik op maniere wat ’n mens aan geologiese of biologiese fatsoene laat dink omdat sy sensitief is vir die bepaalde behoeftes van haar materiaal en die aard van haar uitstalruimtes. ’n Perfekte voorbeeld is die “Ongetiteld”-wolkformasie wat jy in die foto links kan sien. Sy het dit in 2003 van Styrofoam-glasies en gom geskep.
’n Wolkformasie ontwerp deur Tara Donovan
?
HETJYGEWEETAlhoewel ons deur hierdie Styrofoam- ontwerpe bekoor word, moet ons dit nooit uit die oog verloor dat hierdie herwonne ontwerpe ons maatskaplike verantwoordelikheid aanspreek nie!
Die basiese probleem met Styrofoam-, papier- of plastiekbekertjies is dat die omgewingprobleme met die koffiebekertjie verbind word. Die probleem word verder vergroot deurdat hulle baie deur koffiedrinkers gebruik word. Volgens die papierbedryf gebruik Amerikaners jaarliks tot 23 biljoen papierbekertjies.
Ons weet dat baie koffiebekertjies elke jaar weggegooi word. Wanneer jy in ag neem hoeveel natuurlike hulpbronne deur hierdie gebruik vermors word, is die getalle oorweldigend.
As jy dus volgende keer jou koffie uit ’n Styrofoam-, papier of plastiekbekertjie drink, dink na oor jou bydrae tot ’n meer of minder volhoubare wêreld. Is jy ’n leier of ’n navolger?