Die term revolusie beteken dat iets skielik en heeltemal verander. Gedurende die laat 19de eeu het die wêreld vinnig met die ontwikkeling van die nuwe masjienprosesse en nywerheidstegnologie verander. Dit word die Industriële Revolusie genoem. Gedurende die laaste deel van die 20ste eeu het die wêreld weer verander met die ontwikkeling van rekenaartegnologie en dit word die Digitale Revolusie genoem.
Die woord word egter meer dikwels met maatskaplike revolusies verbind, wanneer daar ’n omverwerping en vervanging van ’n regering, regeerder of politieke stelsel is. Die idee van ’n maatskaplike revolusie dateer terug na antieke tye, maar sommige van die belangrikste revolusies in die geskiedenis sluit die Franse Revolusie van 1798, die Amerikaanse Revolusie tussen 1775 en 1783, die Russiese revolusie van 1917, asook die Kubaanse Revolusie wat in 1959 geëindig het in. Maatskaplike revolusies vind plaas wanneer die bevolking van ’n land, of ’n deel van die bevolking, ongelukkig is oor die maatskaplike en omgewingstoestande. Dit kan wees as gevolg van uiterste sosiale klasverskille soos in die geval van Frankryk, toe die bevolking in 1798 teen die ryk aristokrate gedraai het en Koning Louis XVI en Koningin Marie Antoinette onthoof en ’n nuwe regeringstelsel geskep is.
Maatskaplike revolusies vind plaas wanneer die bevolking van ’n land, of ’n deel van die bevolking, ongelukkig
is oor die maatskaplike en omgewingstoestande.
Die Russiese Revolusie was nie slegs ’n enkele opstand soos die Franse Revolusie nie, maar dit was eerder ’n reeks gebeure in 1917 wat tot die einde van die regering van die Tsaar en die stigting van die nuwe Sowjetunie gelei het. Die Amerikaanse bevolking het weer in opstand gekom teen belastings wat deur Brittanje op hulle gehef is (Amerika was ’n Britse kolonie). Dit het uitgeloop op ’n revolusionêre oorlog met Brittanje wat groot dele van die grond moes prysgee, en die ontwikkeling van ’n nuwe regeringsvorm vir Amerika.
Mense kan verskillende tale praat, uit verskillende kulture kom en verskillende oortuigings hê, maar wat ons deel, is ’n begeerte na vryheid, regverdigheid en die geleentheid om ’n behoorlike lewe vir onsself op te bou. Wanneer mense geplaas word in sosiale strukture wat deur onbillikheid en onderdrukking gekenmerk word, sal hulle uiteindelik reageer. Die enigste faktor wat altyd onvoorspelbaar is, is die hoeveelheid wat mense kan verduur voordat hulle in opstand kom.
Visuele kommunikasie in ’n tydperk van revolusie word gekenmerk deur die gebruik van propaganda en intense emosionele reaksie. Of hierdie emosie nou haat, patriotisme of trots is, revolusionêre plakkate, pamflette en ander visuele materiale en media sal altyd probeer om op ’n persoonlike vlak met die kyker kontak te maak.
Rusland en China
Gedurende die Russiese Revolusie was plakkate ’n magtige manier van kommunikasie. Dit was gedeeltelik as gevolg van die gebrek aan ander maniere van kommunikasie en ook omdat plakkate beskikbaar was – elke persoon wat dit gesien het, het dit verstaan en is tot aksie opgeroep. Eenvoudige slagspreuke en gestileerde figure was in hierdie tyd kenmerkend van plakkaatontwerp. Figure wat in talle plakkate vertoon is, was gewone mense soos die fabriekswerker, die ouer persoon en die jongmens. Dit wou voorkom of die plakkate met die uitbeelding van hierdie karakters met die gewone man “gepraat” het, en hulle opgeroep het om aan te sluit, terwyl ’n nuwe, beter toekoms beloof is.
56 /////
Plakkaat van die Russiese Revolusie beeld ’n dramatiese rooi-en-swart-kleurpalet uit. Russiese plakkate tydens die revolusie en oorlog gebruik helder kleurareas, illustrasies en blokvormige tipografie.