Art Deco in Johannesburg: Normandie-hof (1937), na die beroemde Franse lynboot vernoem.
1920S EN 1930S SE MODES
Vrouemodes in die 1920s was glansend, maar het verander van die noupassende style van die vorige tydperke na ’n meer reghoekige, vormlose styl – die skepping van ’n minder vroulike silhoeëtte. Die losser styl het die algemene houding weerspieël van talle jong vroue in die 1920s wat wegbeweeg het van hulle tradisionele rolle in die samelewing, soos om ’n huisvrou te wees. Hierdie nuwe onafhanklike vroue, wat “flappers” genoem is, het ’n vry manier van leef gehad, en hulle nie gesteur aan wat die samelewing van hulle verwag het nie. Die flapper-styl kleredrag en algemene houding teenoor die lewe het in die 20s en 30s in die Amerikaanse en Europese populêre kultuur gevestig geraak.
Ontwerpers en kunstenaars in Duitsland het tydens en na die oorlog swaargekry. Die Bauhaus- ontwerpskool wat in 1919 begin is, het ’n plek van nuwe en progressiewe ontwerp en denke geword.
Die Bauhaus- gebou in Dessau is in 1925 in gebruik geneem.