Jy moet met ’n deeglike ondersoek van die volgende begin:
• visuele navorsing gegrond op die belangrikste eienskappe van De Stijl- en Skandinawiese ontwerpstyl
• navorsing gegrond op ’n verskeidenheid platpak-behuisingsoplossings van karton • navorsing gegrond op ’n verskeidenheid strukturele of boukundige gebruike vir karton
Die volgende voorbeelde is argitektoniese en strukturele ingenieursprojekte wat as inspirasie gebruik kan word vir jou maatskappy om ’n prototipehuis van karton te skep.
Die Gifu Prefecture se rampbestuursentrum vir die streek het met ’n redelike vars idee vorendag gekom om noodskuilings te maak vir areas waar aardbewings en ander rampe dikwels voorkom. Die jongste in hulle moderne noodskuilings bestaan uit ’n kartonboks-legkaarthuis wat die Oktagoon genoem word (sien beelde bo). Die korttermyn platpak-behuisingsoplossing (met ander woorde dit kan opgevou en in plat pakke gepak word om maklik te vervoer en op die terrein oopgevou en aanmekaargesit word) is geheel en al in twee bokse gepak wat elkeen 41 kilogram weeg. Al wat jy moet doen, is om die bokse oop te maak, die stukke volgens die instruksies aanmekaar te sit, die dak vas te plak, vensters uit te sny as jy wil, die boks waarin dit verpak is vir ’n vloer te gebruik, die huis met waterdigte lae te bedek en jy het die spoggerigste noodhuis in die buurt!