In die 19de eeu het die groot Europese magte groot moeite gedoen om ’n magsbalans regoor Europa te handhaaf en dit het teen 1900 tot ’n komplekse netwerk van politieke en militêre alliansies regoor die kontinent gelei.
Hierdie oorlog het met die sluipmoord op aartshertog Franz Ferdinand van Oostenryk, erfgenaam van die troon van Oostenryk-Hongarye, begin. Dit het geëindig met ’n reeks revolusies wat talle lande ingesluit het. Dit was ook ’n tyd wat die einde van die groot ryke aangedui het.