Kan jy nog onthou hoe om die betekenis van ’n blinde kontoertekening en ’n aaneenlopende of kontoertekening te omskryf ?
Albei tegnieke maak na of volg wat die oë sien. Die belangrikste verskil tussen die twee tegnieke is dat jy met ’n blinde kontoertekening nooit na jou tekening mag kyk nie en daarvoor is daar nogal heelwat oefening nodig, aangesien ’n mens in die gewoonte kom om heeltyd na die papier te kyk terwyl jy teken.
Terwyl jy by die reëls hou, sal jou waarnemingsvaardighede en oog-hand-koördinasie baie verbeter as jy aanhou om hierdie oefeninge te doen. Dit is nie belangrik dat die eindresultaat nie ’n ware voorstelling van die werklike ding is nie. Wat belangrik is, is dat jy jou beheer oefen om binne die reëls van hierdie aktiwiteit te bly sodat jy die vaardighede kan ontwikkel wat hierdie oefening veronderstel is om te ontwikkel. Jy kan vind dat klein dele baie spesifiek en gedetailleerd sal wees en dat dit baie beter geteken is as wanneer jy na die papier gekyk het.
Kom ons laat waai Maak ’n studie van jou hand in vier verskillende posisies. Verdeel jou A4- of A3-papier in
vier vierkante of miniatuursketse. Skryf onderaan elke oefening die naam van die oefening en die tyd wat jy gebruik het om elke skets te maak. Teken jou hand in vier verskillende posisies deur op die buitelyne van die voorwerpe en die verskillende vorms te fokus, en onthou om nie jou hand van die papier te lig terwyl jy teken nie. Wat anders is aan hierdie oefening in vergelyking met aktiwiteit 2, is dat jy glad NIE na die skets mag kyk terwyl jy teken nie!
Dit is dus baie belangrik dat jy hierdie oefeninge baie stadig doen sodat jy seker kan wees om elke detail waar te neem terwyl jy blindelings op die papier namaak wat jy sien. Moenie klaarmaak voor die tyd om is nie. Gebruik ’n tydhouer of stophorlosie.
DIE STOPHORLOSIE SÊ Bestee vyf minute aan die eerste tekening en verminder die tyd namate jy met die volgende tekening aangaan. Dit kan so verloop: vyf minute aan die eerste tekening en dan vier, drie en twee minute aan die ander drie. Moenie vergeet om uiteindelik die minute wat jy vir elkeen gebruik het as deel van elke byskrif by te voeg nie.
! 126 /////
Fokus meer op jou lynkwaliteit terwyl jy teken, beheer die druk op jou potlood om donkerder en ligter dele van jou hand te toon. Begin ook eksperimenteer met ’n verskeidenheid lyne wat gekombineer word om ’n meer vloeiende kwaliteit te kry.