Minder is meer – ’n Frase van Mies van der Rohe. Dit beteken dat hoe minder versiering daar is, hoe minder word die aandag van die suiwer vorm afgetrek.
Minimalisme – Die term minimalisme word ook gebruik om ’n tendens in ontwerp en argitektuur te beskryf waar die onderwerp tot sy noodsaaklikste elemente verminder is.
Onversier – Geen verfraaiing of versiering nie, eenvoudige onversierde styl.
Organiese modernisme – Wat verband hou met, afgelei is of die eienskappe het van lewende dinge. ’n Tendens in ontwerp wat gebruik maak van vorms, lyne en fatsoene wat met die natuur verband hou teenoor ’n meer reglynige benadering tot ontwerp. Sien die verduideliking van reglynig hieronder.
Plastisiteit – Die eienskappe wat toelaat dat ’n stof sy vorm behou nadat dit gebuig, gerek of gedruk is om ’n driedimensionele kwaliteit te kry.
PVC – ’n Sterk sintetiese materiaal soos slytbestande sintetiese hars wat gemaak word deur vinielchloried te polimeriseer. Gebruike: vloere, pype, klere.
Reglynig – Deur reguit lyne gevorm.
Selluloïed – ’n Vlambare deursigtige materiaal wat gemaak is van nitrosellulose en ’n plastiseerder soos kamfer wat vir fotografiese film gebruik is. ’n Ander weergawe is in die 1950s vir poppe gebruik.
Sintetiese stowwe – Iets wat kunsmatig gemaak is deur chemiese sintese, veral om ’n natuurlike produk voor te stel. Strookvensters – Vensters wat in ’n lang, dun horisontale ry geplaas is.
Surrealisme – ’n 20ste-eeuse letterkundige en kunsbeweging wat probeer het om die werking van die onderbewussyn en drome uit te druk en word gekenmerk deur fantastiese beelde en ontoepaslike jukstaposisie van onderwerpmateriaal.
Tufflex – ’n Heeltemal buigsame en naatlose membraan wat gebruik word om dekke van bote, sondekke, patio’s ens. te bedek. Dit is waterbestand en vry van oplosmiddels.
Uitgedruk (byvoorbeeld metaal) – om iets soos plastiek of gesmelte metaal deur ’n spesiale vorm te pers om dit te vorm.
Vorm-volg-funksie – Verwys na eenvoudige, suiwer vorms wat nie versier is nie.
Vrydraend – In geboue is dit ’n struktuur wat vanaf ’n enkele steunpunt horisontaal in die ruimte uitsteek sonder om deur stutte of style gesteun te word.