Die kunstenaar Michael Gibbons het hierdie collage van verskeie individuele karakters gemaak. Vind meer uit oor sy fotografie en kuns by http://www.alfabetfotos.com/
LETTERS HET VORM EN GEWIG
3 PROJEK STAP1
Hierdie projek sal jou help om te verstaan dat tipografie nie slegs die gebruik van karakters (letters en syfers) is om teks te skep wat ons kan lees nie, maar dat dit ook ’n gevoelskwaliteit en stilistiese konteks het.
Letters het gewig, skep negatiewe ruimte en kan op verskeie interessante maniere gebruik word, en dus word letters werklik ’n belangrike stuk ontwerpgereedskap. Kyk na die “e”- karakter/letter hieronder. Neem nou ’n stuk papier en maak jou eie loervenstertjie deur ’n vierkant van ongeveer 40 mm × 40 mm uit te knip.