Julle het julle voorgestelde produk geïdentifiseer en aanvanklik besluite geneem oor julle mark en die behoefte wat in die mark is en julle mededingers ontleed. Voordat enige produksie kan begin, moet navorsingsbehoeftes op talle aspekte van julle produk gedoen word. In hierdie spesifieke projek is die materiaal wat vir die vervaardiging van die produk gebruik word baie belangrik. Julle moet oor die beskikbaarheid van die materiaal uitvind. Hoe gaan julle toegang kry tot die materiaal en dit gebruik – het julle byvoorbeeld spesiale gereedskap nodig? Is daar enige veiligheidsmaatreëls waaraan julle moet dink as gevolg van julle materiale of gebruik van die gereedskap? Het julle veiligheidstoerusting nodig? Is dit arbeidsintensief – sal julle mense moet kry om te help met sny, bou, ens?
Vermy verrassings! Vra die regte vrae Die produk wat julle gaan produseer, sal slegs ’n prototipe wees, met die gedagte dat julle
baie produkte kan maak as die produk ooit vervaardig word. Maak dus seker dat dit iets is wat in groot hoeveelhede gemaak kan word! Dit sal noodsaaklik wees dat julle in julle werkboeke wys en verduidelik hoe die produk maklik in grootmaat geproduseer kan word. Dis nie genoeg om dit net te noem nie. Julle onderwyser moet oortuig wees dat hierdie prototipe in grootmaat gemaak kan word. Dit sal ’n noodsaaklike maatstaf vir ’n geslaagde projek wees. As julle die produk ontleed, kan julle aan enige ander moontlike probleme dink wat hierdie projek vir julle groep kan inhou? Kan julle aan oplossings hiervoor dink? Hoe meer probleme julle op hierdie vroeë stadium kan identifiseer en oplos, hoe suksesvoller sal die eindproduk wees. Dit verminder aaklige verrassings wat baie tydrowend kan wees, en afhangend van die erns van die verrassing, selfs kan veroorsaak dat julle nie die sperdatum kan nakom nie. Wees dus proaktief en visualiseer die proses op alle vlakke.
StaP3 Produksie
Ons begin nou nader beweeg aan die werklike vervaardiging van die prototipe. Hier sal julle werk verdeel wees, aangesien elke lid van die groep vir die res van die oefening vir ’n aspek van die projek verantwoordelikheid gaan neem. Elkeen moet ’n rol in die groep kry en julle moet hierdie verantwoordelikhede by elke individu se sterk punte en talente aanpas – dit sal vir elke groep verskil, aangesien die produkte almal sal verskil. Dink aan ’n gebied waar jy jou spesifieke talente kan gebruik.
Identifiseer rolle en beskryf elkeen se taak duidelik Soek ’n gebied waar jy tot die groep se sukses kan bydra en ’n verskil maak wat uiteindelik
tot die sterkte en sukses van die produksie en die bemarking sal bydra. As ’n mens vooraf weet wie verantwoordelik gaan wees vir watter aspek, sal dinge glad verloop en die gehalte van die eindproduk sal grootliks verbeter. Onthou dat selfs bemarkingsinstrumente, persvrystellings, webwerwe, moontlike verpakking en wat julle ook al binne die groep ontwerp, deel vorm van die eindproduk.