Kunsdirekteur Die kunsdirekteur hou toesig oor die konseptuele en stilistiese proses van die kreatiewe spanne en koördineer hulle werk. Hy/sy versprei ook werk binne die departement en moet dus die personeel verstaan en hulle sterk punte en leemtes ken. Hy of sy koördineer ook die werk van die produksiekunstenaars, fotograwe, illustreerders, voor-pers-tegnici, drukkers en enigiemand anders wat by die ontwikkeling van ’n projek betrokke kan wees. Verkopers word gewoonlik deur die kunsdirekteur gekeur en as daar nie ’n kreatiewe direkteur is nie, het die kunsdirekteur ook die finale kreatiewe gesag.
Kopieskrywer ’n Kopieskrywer funksioneer gewoonlik as deel van ’n kreatiewe span, maar werk al hoe meer as vryskutter en word slegs deur die agentskappe genader wanneer hulle dienste benodig word. Dit maak hiervan ’n wonderlike aanpasbare werk. In die reklamebedryf sal reklameagentskappe kopieskrywers saam met kunsdirekteurs laat werk. Die kopieskrywer het die verantwoordelikheid vir die verbale of tekstuele inhoud van advertensies, wat dikwels insluit dat daar geskakel word met die kliënt van wie die opdrag gekry is. ’n Kopieskrywer kan ’n publikasie wat gedruk of digitaal gepubliseer word, skryf, redigeer en proeflees en hulle is verantwoordelik om die storie te vertel en dit op so ’n manier te skryf dat dit by die gehoor byval vind en ’n emosionele reaksie ontlok.
Senior ontwerper ’n Senior ontwerper is verantwoordelik vir die oorspronklike konseptualisering en ontwerp van oplossings tot die einde van die projek bereik is. In sommige firmas hou die senior-ontwerper toesig en help om die werk te bestuur van een of meer van die junior-ontwerpers wat konsepte (scamps) genereer, en uitlegte en finale kunswerke skep. Senior-ontwerpers bestuur nie nie altyd die juniors nie, maar is regdeur die kreatiewe proses toegewysde “seniors” as gevolg van hulle gesag binne die konteks van besluitneming. Alhoewel uitstekende ontwerpers vinniger deur die rangorde kan beweeg, het die senior-ontwerper gewoonlik drie tot vyf jaar ervaring.
Middelgewigontwerper Hierdie ontwerper is verantwoordelik vir konseptualisering en die ontwerp van grafiese toepassings vir reklame, verpakking, omgewingsgrafika, boeke en tydskrifte, korporatiewe identiteit, multimedia- koppelvlak en so meer, vanaf die konsep tot die voltooiing daarvan. Hulle kry gewoonlik by die kunsdirekteur hulle opdrag en leiding.
Juniorontwerper/Intreevlak- ontwerper ’n Intreevlak-ontwerper word aangestel direk na die verkryging van ’n kwalifikasie en moet op alle vlakke van ontwerp en die implementering daarvan leiding kry of gemonitor word.
Uitlegkunstenaars/drukproduksiekunstenaars ’n Drukproduksiekunstenaar het ’n goeie begrip van uitleg, lettertipe en kleur, en kan opdragte van ’n ontwerper uitvoer om ’n volledige uitleg te skep. Hulle is baie vaardig om met sagteware soos InDesign, QuarkXPress, Photoshop en Illustrator te werk. Ander verantwoordelikhede sluit die produksie van finale lêers in wat behoorlik op film oorgedra kan word of wat gedruk kan word.
Drukproduksiebestuurder Hierdie bestuurders is verantwoordelik om die hele proses, die skedulering, produksie en aflewering van produksiepublikasies te bestuur. Hulle sien dit deur vanaf die konsep regdeur die produksie, insluitend fotografie (kontrakteer fotograwe), kleurverdelings, vierkleurdrukwerk en die digitale produksie van die werk. Drukproduksiebestuurders is baie bekwame projekbestuurders met senuwees van staal. Hulle bestuur talle take en mense tegelyk. Die meeste van hulle kan ook sagteware soos InDesign, QuarkXPress, Illustrator en Photoshop baie goed gebruik.