Wanneer jy die verhoudings van jou lettervorm vasgestel het, moet jy dit identifiseer as ’n serif- of sans serif-lettertipe. ’n Serif-letter het fyn strepies wat by die hoof horisontale en vertikale strepe van die letter gevoeg word.
Beroemde serif-letterfamilies sluit in:
Times New Roman Garamond Rockwell
Book Antiqua
Sans serif beteken letterlik sonder serif en verwys na lettertipe wat nie hierdie bygevoegde strepies het nie. Die gevolg is dat sans serif-lettertipe skoner is en meer modern voorkom.
Beroemde sans serif-letterfamilies sluit in:
Arial Calibri
Helvetica Verdana
Helvetica is een van die beroemdste lettertipes en is al vir logo’s, advertensies, boeke, uitlegte en talle ander toepassings gebruik. Die kans is groot dat jy hierdie lettertipe al talle kere gesien het sonder eers om daarna op te let. Helvetica is so inspirerend dat Gary Hustwit ’n fliek oor die lettertipe gemaak het om met die 50ste verjaardag daarvan saam te val. (http://www.helveticafilm.com/index.html)