Die plakkaat hieronder het betrekking op die verskillende waardes of persoonlikheid van verskillende lettertipes. Let op na die beskrywing voor elkeen se titel. Noudat jy die waarde daarvan kan verstaan om die korrekte styl binne die korrekte konteks te gebruik, soos ’n modetydskrif teenoor ’n koerant of teenoor ’n gou-gesond-word-kaartjie, kan jy dalk meer vrymoedig voel om jou opinie uit te spreek oor of jy dink dat dit ’n suksesvolle keuse was of nie. Laat waai!