Elkeen gaan eers die voorverhoog (proscenium) bou, waarna julle EEN toneel of kamer in ’n spesifieke styl wat julle onderwyser vir julle sal gee, gaan skep. Julle gaan ook die karakters op die verhoog skep.
Jou voorverhoog is ’n stel in Engeland en moet die tyd tussen 1850 en die 1940s weerspieël. Jy kan met ander woorde kies tussen ’n geblomde fantasie-voorverhoog tipies van die Art Nouveau-styl OF die onversierde industriële Bauhaus OF die glansryke en teatrale styl van die Art Deco.
?
HETJYGEWEET ’n Proscenium of voorverhoog is die vooraansig of fasade van ’n teaterverhoog voor die gordyn en vorm ’n raam om die verhoog. Dit bly gewoonlik dieselfde tydens optredes, met ander woorde dit verander nie wanneer die tonele wissel nie, en weerspieël gewoonlik die buitenste styl van die teatergebou.
Na ’n uitvoering van die opera Carmen by die Royal Theatre het Fritz Kannik, ’n modelbouer en beoordelaar vir die modelboukompetisies, ’n model gesien wat van een van die tonele uit Carmen gebou is en op ’n uitstalling by die Deense Modelteater- klub was. Dit is ’n uitstekende voorbeeld van ’n papierteater en ’n kykie in die konstruksie en werking van hierdie kreatiewe genre. Soos jy in hierdie voorbeeld kan sien, gebruik talle van hierdie papierteaters ’n klassieke geïnspireerde argitektuurstyl vir hulle prosceniums of voorverhoog in die teater.
Op die volgende bladsy is nog ’n paar voorbeelde van prosceniums wat in papierteaters gebruik is.