Maak ’n paar scamps van jou besigheidskaartjie en briefhoof en probeer iets ongewoons, maar nie té vreemd nie – onthou daar moet ruimte wees vir ’n brief !
DIE VOLGENDE IS NIE GOEIE IDEES NIE:
• Lyne wat in die lengte af loop en die logo en die adres onder mekaar laat verskyn. • Sagte beelde/skakerings in die agtergrond. • Verspreiding van inligting oor die hele briefhoof/besigheidskaartjie – hou die uitleg van inligting logies.
• Groot, swaar, abstrakte vorms wat as ontwerpelemente gebruik word. Wanneer jy ’n briefhoof ontwerp, lyk dit dikwels ’n bietjie leeg, maar onthou dat die inhoud van die brief ook in die leë ruimte getik moet word – dit sal dan perfek wees!
• Kies ’n ligte kleur papier, veral vir die briefhoof. Donker kleure sal nie die teks vertoon wat jy gaan druk nie en donker papier fotokopieer of faks ook nie goed nie.
• Die grootste fout wat ontluikende ontwerpers maak, is om die lettertipes op ’n briefhoof te groot te maak. Hierdie inligting is belangrik, maar dit sal altyd gelees word deur iemand wat die brief vashou, en nie op ’n plakkaat verskyn wat mense vinnig in die verbygaan moet lees, met die letters wat dus groot genoeg moet wees om te kan lees nie. Hou die lettertipe klein, ongeveer so groot soos die lyfkopie (teks) in ’n goeie tydskrif, of ongeveer 8 pt. as jy ’n manier het om dit te meet.
Rond jou besigheidskaartjie en jou briefhoof perfek af en gee die finale produk vir jou onderwyser in. As jy wil, kan jy jou besigheidskaartjie en briefhoof op ’n portretformaat A3- vel monteer. Aangesien die briefhoof en die besigheidskaartjie op ligte kleur papier of karton gaan wees, sal dit mooi lyk as jy dit op ’n donker agtergrond monteer. As jy dit op wit monteer, sal die grense tussen die rand van die papier en die begin van die monteerbord verdwyn.
StaP3
Om bewustheid en dryfkrag vir die projek en veldtog te skep, moet julle drie ekstra stukke ontwerp.
Jy moet n bewustheid vir die projek en die veldtog skep. Kies dit omsigtig, aangesien dit heeltemal van jou benadering gaan afhang watter van hulle die beste by jou projek gaan pas. Pas dieselfde beginsels toe as wat jy vir die logo, die besigheidskaartjie en die briefhoof gebruik het, en onthou jy wil aandag trek! Mense moenie van jou projek vergeet nie en jy moet daarvan seker maak! Al jou afsonderlike stukke gaan nie eenders lyk nie, en dit moet ook nie, aangesien hulle verskillende funksies het. Die aanwending van jou logo gaan byvoorbeeld op die verskillende formate verskil, soos die besigheidskaartjie teenoor die briefhoof. Al die stukke wat jy ontwerp, moet dus nie presies eenders lyk nie, maar daar moet beslis kontinuïteit in styl en die logo wees. Almal moet die verskillende dele van jou projek as deel van ’n groter geheel herken.