Ons het vroeër in hierdie module die terme verbruikersbewustheid (consumerism) sowel as hiperverbruikersbewustheid (hyper consumerism) gebruik.
Volgens die teorie oor verbruikersbewustheid is dit ekonomies voordelig vir ’n samelewing om al hoe meer goedere te koop. Verbruikers raak materialisties geheg aan dinge en besittings en hulle raak behep met die koop van verbruikersgoedere.
Verbruikersbewustheid het ook ten doel om verbruikers te beskerm en in te lig deur aan te dring op praktyke soos eerlike en verantwoordelike verpakking en reklame, waarborge vir produkte, en veiligheidstandaarde. Verbruikersbelange word dus bevorder om verbruikers veilig en gelukkig te hou.
“Jy doen werk wat jy haat om goed te kan koop wat jy nie nodig het nie sodat jy mense kan beïndruk van wie jy nie hou nie.” FIGHTCLUB
“
Hiperverbruikersbewustheid neem verbruikersbewustheid (die verbruik van goedere en produkte) na abnormale vlakke, met ander woorde mense raak obsessief oor die koop van produkte en goedere. Vir die laaste dekade tot en met die begin van die ekonomiese resessie kan ons werklik sê dat die samelewing as geheel in ’n toestand van hiperverbruikersbewustheid was. Dink net aan die eindelose handelsflitse/advertensies op die TV wat jou aanmoedig om die foon op te tel en iets te koop waarvan jy niks of baie min weet, of jy dit nou nodig het of nie. Jy word soms selfs gesmeek om dit op skuld te koop! Die boodskappe word op so ’n wyse oorgedra dat jy as verbruiker die indruk het dat as jy nie dadelik reageer en hierdie produk koop nie, jy op alle moontlike menslike vlakke minderwaardig sal voel. Sommige van hierdie advertensies kan baie aggressief, luid en baie opdringerig wees. Hoe regverdig ons dit?