Cuba_Che_Guevara_Chucks_ by_Bobsmade: Tekkies wat die ikoniese beeld van Che vertoon, deur Bobsmade gemaak.
Dit is te betwyfel of Alberto Korda kon geweet het dat die foto wat hy in 1960 tydens ’n gedenkdiens van Guevara geneem het ’n kultus-ikoon sou word. Hierdie beeld van Che en die verskeidenheid variasies wat daarvan geskep is, kan vandag aangetref word op koffiebekers, tekkies, hoodies, sigaretaanstekers en enige ander produk waaraan jy ook al kan dink. Sonder om te weet wie hy is of was, lyk dit of dit die uiterste beeld is van wat populêr is, en mense dra steeds klere wat sy beeld vertoon. Vir sommige stel die Che-beeld vryheid voor en vir ander die dood. Dit maak dus nie saak nie. Terwyl mense wêreldwyd aanhou om hierdie beeld op drupmatjies en ’n verskeidenheid ander handelsware te gebruik, het die werklike betekenis agter die ikoniese figuur in ’n groot mate verlore gegaan en is met assosiasie vervang. Hierdie beeld van Che het vandag deel geword van die populêre kultuur en word dikwels met baie min inagneming van die toepaslikheid daarvan, gebruik.