8. Elke blok moet die toegewysde letter in hê wat deur die woorde in jou aanhaling bepaal is. Selfs as die letter kleiner as die blok is, moet jy genoeg van die agtergrond of negatiewe ruimte behou om die hele blok te vul. Jou uiteindelike doel is om geen wit papier êrens sigbaar te hê nie. Wanneer al die woorde geplak is, kyk of daar nog oorblywende oop blokke is. Sommige van julle sal al die blokke gevul hê, maar daar sal van julle wees met ’n paar oop blokke tussen die ander letters op die plakkaat. Hierdie blokke kan met toepaslike visuele beelde gevul word. As jou onderwerp “afval in ons samelewing” is, kan ’n beeld/of ’n paar visuele beelde (volgens die grootte van die blok geknip) van gemors wat rondlê in die blok geplak word om die collage te voltooi.
9. Sodra al die blokke met geplakte letters en prente gevul is, moet jy erkenning gee aan die persoon wat hierdie woorde gesê het. Dus gaan jy in die 20 mm-strook wat jy onderaan oopgelaat het die naam van die persoon, en as jy die inligting het, die datum en die plek waar hy of sy die woorde gesê het, inskryf.
10. As jy gelukkig genoeg is om toegang tot ’n kleurkopieerder te hê, maak ’n kopie en gee dit as jou finale werkstuk in. Bêre die oorspronklike in jou portefeulje of werkboek. Dit kan ’n skoon en meer professionele afwerking aan jou stuk gee en die oorspronklike plakkaat teen skade beskerm. As jy nie toegang het tot hierdie soort tegnologie nie, is die oorspronklike werk steeds die eerste prys.
Die vraag is egter: is die maak van ’n kleurkopie, net om ’n goeie afwerking te kry, die mees volhoubare opsie? Probeer om altyd die mees volhoubare besluite te neem!
“Ontwerp in sy wydste sin is die aktivering van die digitale era – dit is ’n proses wat orde uit chaos skep wat tegnologie vir ondernemings beskikbaar maak. Ontwerp beteken om goed te
wees, nie om slegs goed te lyk nie.” CLEMENTMOK “ 102 /////