Kom ons gaan nog ’n stappie verder. In die volgende voorbeelde word letters as visuele beelde gebruik (jy hoef nie noodwendig die woorde te kan lees nie), maar die kunstenaars het letters gebruik om ’n patroon, vorm, tekstuur, toon te skep, en hulle het die gewig en eienskappe van die letter gemanipuleer om beelde te skep. Kyk hoe toepaslik die keuse van tipografie is; vergelyk die sagter, liriese letters wat vir die vrou gekies is met die meer manlike en swaarder tipe wat vir die bokser gebruik is.