Van al die invloede op eietydse ontwerp van vandag, is Skandinawiese ontwerp seker een van die belangrikste. Wat maak Skandinawiese ontwerp so relevant vandag? Dit is nie slegs die pragtige estetika nie – en kom ons wees eerlik, hulle ontwerpe is pragtig, met ’n tydlose kwaliteit. Dit is ook nie die vermoë om daarop aan te dring dat alledaagse items pragtig en bekostigbaar en daarom vir die massas toeganklik kan wees nie. Mense noem dikwels Skandinawiese ontwerp “demokratiese ontwerp” as gevolg van aantrekkingskrag wat dit vir die massas het omdat produkte toeganklik en bekostigbaar is. Die Skandinawiese idee van “pragtige dinge wat die lewe kan verbeter” is sekerlik egter vandag nog belangriker en van belang. Ons kan vandag baie van hulle leer oor produkte, stelsels en omgewings wat ’n mens se lewe verbeter omdat hulle grootliks daarop fokus om alles meer volhoubaar te maak, met die fokus op mense en die omgewing.
Alles hierbo is waar, maar die feit dat ons soveel aansluiting by Skandinawiese ontwerp vind, spruit uit iets veel diepers as dit. Skandinawiese ontwerpers is deur alles om hulle beïnvloed. Met hulle tradisie van vakmanskap oor honderde jare en doeltreffende gebruik van beperkte materiaalhulpbronne (as gevolg van hulle relatiewe geografiese afsondering en lang winters), het hulle die beste van beide wêrelde gekombineer. In ooreenstemming met hulle sosiaal-demokratiese sienings, was beskikbaarheid aan almal baie belangrik. Die vreugde wat jy in jou werk vind, was altyd belangriker as al die geld wat jy gaan maak. Skoonheid, humanisme en demokratiese ideale was altyd groot motiveerders.
Die toetrede tot die masjien-era het oorlewing makliker gemaak en funksionalisme het ontwikkel tot voorsiening in die emosionele behoeftes van mense. Dit het die Nordiese funksionalisme ’n natuurliker en humanistiese kant gegee. Hulle was ook simpatiek en verantwoordelik aan die mense sowel as die omgewing.
Skandinawiërs as mense gee steeds baie aandag aan maatskaplike verantwoordelikheid, humanistiese ondernemings (met ’n humanisties-gesentreerde mensbeskouing), asook omgewingskwessies. Hulle het ’n samelewing waar hulle vir hulle kinders, ouers en siek mense sorg. Hulle is baie uitgesproke oor onreg (hulle het hulle baie teen apartheid uitgespreek) en hulle probeer om met moraliteit en verantwoordelikheid te lewe en te ontwerp. Skandinawiese ontwerp het deur die jare verander. Dit het meestal begin as die ontwerp van produkte en meubels wat die beginsels en prosesse waarin hulle geglo het op huidige kwessies, uitdagings en geleenthede toegepas het. Dit is hierdie humanistiese benadering waarop ons vandag reageer.
geleenthede aangryp om ’n verskil te maak, en dit begin by jou!
Ons moet hierdie
Ons het ’n paar dekades van oorlog, terrorisme en hiperverbruikersbewustheid (kan jy onthou wat dit is?) agter die rug en mense en verbruikers neig nou natuurlikerwys na eenvoudiger lewens en meer stabiliteit tussen die chaos deur. As ’n samelewing eet ons beter kos, ons oefen meer, ons maak meer tyd vir familie en vriende, ons koop minder nuttelose dinge net omdat dit ons goed laat voel, aangesien ons besef dat dit ons uiteindelik tog nie goed laat voel nie. Die filosofie van Skandinawiese ontwerp vind by ons aanklank as gevolg van die eenvoud daarvan en die feit dat dit op humanistiese waardes fokus. Die filosofie van Skandinawiese Ontwerp spreek tot ons as gevolg van sy eenvoud en die feit dat dit op menslike waardes gefokus is. Dit beteken egter nie dat alle Suid-Afrikaners weerklank daarin kan vind nie.