Kan jy onthou hoe om jou eie voorbeelde van die templaat hieronder te maak?
TONAAL Druk
geleidelik harder vir elke
donkerder skakering
KRUISARSERING 4 rigtings
baie naby aan mekaar
Lyne kruis in 4 rigtings
Lyne kruis in 3 rigtings
Druk harder
2 rigtings naby aan mekaar
Gebruik baie ligte druk
vir 1ste waardes
Lyne kruis in 2 rigtings
Begin met kort lyne in 1 rigting
Klein, kort lyntjies in 1 rigting
LINEÊR Vul
met fyn lyne so donker as moontlik
Druk harder
Meer lyne nader aan mekaar
WARM OP! Trek drie rye van ses blokke soos die templaat hierbo en maak jou eie voorbeeld van tonale, kruisarsering- en lineêre voorbeelde wat saam die geleidelike veranderings tussen verskillende skakerings van dieselfde kleur vertoon. Kom ons kyk of jy jou vermoëns verbeter het om jou tekenmateriaal te gebruik voordat ons na die res van hierdie aktiwiteit oorgaan.
Ons wil nou hê dat jy met jou eie drie tegnieke vorendag kom. Speel eers ’n bietjie rond op ’n stuk papier totdat jy tevrede is met drie verskillende tegnieke waarmee jy gemaklik voel om in ’n herhalende formaat soos hierbo te gebruik. Die kruisarsering- en lineêre voorbeelde hierbo is twee tegnieke wat jy nou nie weer mag gebruik nie. Gebruik enige ander spesiale tegniek van jou eie, asook jou vermoë om jou tekeninstrument te beheer, sodat hierdie tegniek van jou die geleidelike tonale veranderings binne ses blokkies sal vertoon.