Hierdie piktografiese tablet uit Uruk bevat van die oudste geskrewe simbole.
Byskrif by bogenoemde prent: Namate die gemeenskap in Uruk ontwikkel het, het hulle metode ook ontwikkel om idees en voorwerpe met *piktogramme voor te stel, wat gelei het tot die ontwikkeling van die Mesopotamiese skrifstelsel, wat as wigskrif bekendstaan. Soos jy op die wigskriftablet hieronder kan sien, het die individuele simbole abstrakter en eenvoudiger geword. Dit het beteken dat simbole vinniger neergeskryf kon word. Dink net hoe lank dit jou sou neem om ’n sin neer te skryf as jy van elke woord ’n prentjie moes teken! Alhoewel wigskrif
baie makliker was as om prentjies van elke woord te teken, was dit nog geensins ’n maklike stelsel om te bemeester nie. Gedurende die Sumeriese tydperk was daar letterlik honderde wigskrifletters. Selfs toe die Akadiërs die stelsel tot slegs 560 individuele karakters vereenvoudig het, kon slegs ’n paar mense die skryfkuns bemeester. Aangesien dit so moeilik was om te skryf, en aangesien slegs ’n paar mense dit kon doen, het die Mesopotamiërs gedink dat dit soos towerkuns was dat ’n mens kon skryf.
Namate die beskawing deur die eeue ontwikkel het en nuwe konings en regeerders na vore gekom het, het die wigskrifstelsel aanhou ontwikkel. Let op die verandering in vorm vanaf die eerste wigskrifvoorbeelde, soos dié van Sumerië, en die later voorbeelde. (sien bladsy 17)
Die skep van ’n wigskrif
Om ’n wigskrifletter te skep, het hulle ’n gesplete riet gebruik wat V-vormig was en dit in die nat klei gedruk om letters te vorm. In later tydperke is die wigskrif ook in klip gegraveer – ’n baie duursamer materiaal as klei. Een so ’n voorbeeld is die Kode van Hammurabi. Hammurabi was ’n koning wat van 1795 tot 1750 v.C. regeer het. Hy het die grootste deel van Mesopotamië oorwin en was die grootste koning van die Babiloniese tydperk. Hammurabi het aan ons talle wonderlike artefakte nagelaat, maar dit is die wette wat hy geskep en op ’n *basaltstele laat graveer het, waarvoor hy steeds vandag die beste onthou word. Die Kode van Hammurabi bevat 282 wette waaraan al die mense in Mesopotamië hulle moes onderwerp. Aan die bopunt is ’n prent in die klip wat Hammurabi uitbeeld saam met die songod, Shamash, wat aan Hammurabi gesê het om die wette neer te skryf. Na die dood van koning Hammurabi het Mesopotamië weer in kleiner stadstate verdeel en die glorie van die Babiloniese tydperk het verdwyn. Selfs al het hierdie vroeë beskawing in die hande van invallers geval, het dit aan ons talle wonderlike voorwerpe en die vroegste voorbeelde van skrif nagelaat. Nie te ver van hierdie streek tussen die twee riviere nie, het nog ’n vroeë beskawing met hulle eie skrifstelsel ontwikkel – die Egiptiese beskawing.
Tablet met wigskrif: Wigskrif is die naam wat gegee is aan die vroeë skryfstyl wat in Mesopotamië ontwikkel het. Hierdie tablet toon duidelik wigvormige vorms van wigskrifsimbole wat in die klei afgedruk is om horisontale bandpatrone te vorm.
* 16 /////
Basaltstele is ’n fyngetekstuurde donker rots wat aan hoë temperature blootgestel is – mees algemene vulkaniese rots gewoonlik gevorm deur soliede “magma”