Jeugkultuur het baie deur die 70s verander, met die twee hoofstrome wat disko en punk ingesluit het. Alhoewel dit gedurende die 70s gesien is as ’n subkultuur, het punk in die 1980s populêre kultuur beïnvloed. In die 1960s het die hippiebeweging middelklaswaardes en sosiale probleme verwerp deur op “vrede en liefde” te fokus. Die blompatrone en vloeiende modes, asook die organiese kwaliteit in ontwerp wat in die laat 60s gewild was, het oorgevloei in die stilering van die 1970s. Halternekklere, sjoebroekies, katpakke, klokbroeke en platformskoene het deel geword van die disko populêre kultuur en so ook die musiek van The Bee Gees, Donna Summer, The Jacksons en KC & the Sunshine Band. Alhoewel Disko as ’n teenkultuur ontstaan het, het die opgewekte kwaliteit van die musiek en die vryheid wat met dans en klubs verband hou vinnig na die populêre kultuur van die hoofstroom beweeg. Flieks soos Saturday Night Fever het die populariteit van disko nog verder laat toeneem en het die modes, kultuur en houdings van daardie tyd verteenwoordig. Star Wars en The Godfather is twee ander fliek-franchises wat in die 1970s begin het. Star Wars het nie slegs deel van die hoofstroom populêre kultuur geword nie, maar het uiteindelik sy eie subkultuur onder wetenskapfiksie-aanhangers gevestig. Die hoofstroomkultuur van die 1970s het ’n gevoel van ontvlugting behou, soos gesien kan word in ontwerp en sosiale aktiwiteite wat direk met die politieke en finansiële onstabiliteit van die dekade verband hou. In plaas daarvan dat mense die kwessies van die dag hanteer het, het hulle ontvlug in disko, videospeletjies, flieks en onwettige middels. In Brittanje het ’n ander jeugkultuur genaamd punk verkies om hulle woede en frustrasie uit te druk.
Punk-kultuur in Brittanje was die resultaat van sosiale probleme, hoë vlakke van werkloosheid wat tot ’n aantal finansiële kwessies gelei het. Punk-kultuur word gekenmerk deur aggressiewe estetika en houdings. Die Mohawk- haarstyl wat met houtgom geskep en helder gekleur word, asook geskeurde en verwerkte tweedehandse klere het van die belangrikste kenmerkende visuele elemente van punk geword. Hulle aggressiewe leefstyl, gedrag en musiek (hoofsaaklik Sex Pistols in Brittanje en die Ramones in Amerika) was ’n reaksie op die moeilike sosiale en ekonomiese situasie, asook ’n uitdrukking van individualiteit in teenstelling met die hoofstroom-konformering.
’n Beeld van Johnny Rotten, sanger van die ikoniese punkgroep The Sex Pistols
///// 405
Die 1977 Star Wars: New Hope-fliekplakkaat
Saturday Night Fever-fliekplakkaat met John Travolta. Die fliek het ’n ikoon-disko- dansfliek geword