Vraag: Waarom nie ’n bietjie sielkunde probeer nie? Kyk na albei voorbeelde – wat glo jy is die persoonlikheidseienskappe wat deur elkeen voorgestel word? Kyk weer na die voorbeeld op bladsy 111 en die gegewe een hieronder. Skryf ’n paragraaf oor albei en verduidelik die persoonlikhede wat jy glo agter hierdie meesterstukke lê.
Illustreerder R. O’Sullivan het boeke op mekaar gestapel. Kyk na die herhalende gebruik van die rooi boek of rugkant wat kontras en ritme aan ’n andersins vervelige uitstalling gee.
“’n Letter-ontwerper teken nie letters nie. ’n Letter-ontwerper ontwerp woorde en woorde is strukture wat patrone, fatsoen, vorm, kleur en tekstuur bevat. Dit is ’n
speletjie wat ruimte en ritme hanteer” CYRUSHIGHSMITH