SKEP ’N TONEEL VIR ’N GROEN TOON EN ATMOSFEER ’N SKANDINAWIESE KOPPIE KOFFIE
In Skandinawië is die drink van koffie ’n baie belangrike sosiale en persoonlike aktiwiteit en interaksie. koffie is noodsaaklik vir verskeie byeenkomste om “hyggeligt” te wees – ’n Skandinawiese woord wat knus beteken, of soortgelyk aan die Hollandse woord “gezellig”, wat ’n warm, huislike en uitnodigende atmosfeer voorstel.
Met inagneming van hierdie feite, skep in die “ware Skandinawiese sin” ’n omslag vir ’n koffiebeker deur Styrofoam, papier- of plastiekbekertjies te herwin. Skep ’n vereenvoudigde, minimalistiese ontwerp wat funksioneel en relatief goedkoop is en in grootmaat geproduseer kan word – onthou om te probeer uitvind of die materiaal wat jy wil gebruik, alles omgewingsvriendelik is en dus ’n meer volhoubare keuse is. Indien nie, kan ’n Styrofoam- of plastiekbekertjie byvoorbeeld hergebruik word deur die materiaal te benut om ’n splinternuwe, funksionele produk te skep wat ’n baie langer lewensduur as die oorspronklike bekertjies sal hê. Dis alles baie moontlik as ons ons kreatiewe denke en probleemoplossingsvaardighede inspan.
Skep ten minste twee bladsye met visuele inligting wat prominente Skandinawiese patrone insluit. Gebruik hierdie patrone om jou eie “Skandinawiese ontwerp” te skep!
Jou interpretasie kan geometries of organies, abstrak of figuratief wees.
ONTHOU: Gebruik slegs lyn en die tonale waardes van een sekondêre kleur om te toon hoe hierdie elemente ons persepsie van grootte en fatsoen kan wysig. Kyk na jou Graad 10-teorieboek oor die gebruik en effek van vertikale en horisontale lyne! As jy besluit om ander sekondêre kleure te gebruik, onthou asseblief om hulle te meng en nie die bestaande kleur te gebruik nie, met ander woorde gebruik rooi en geel vir oranje en blou en rooi vir pers.
TEGNIEK: Gebruik goeie gehalte papier om jou bekertjie se omslag te skep. Gebruik slegs HB- potlode, kleur- en/of waterverfpotlode en ’n swart viltpen vir hierdie oefening. Skep die eerste ontwerpe in swart en wit viltpen om die effek van vertikale en horisontale lineêre patrone op grootte en vorm te sien. Gebruik die voorbeeld deur Filippa K hieronder as riglyn.
Filippa K, ’n voorste Skandinawiese ontwerper, het hierdie ontwerp vir keramiek-espressokoppies geskep – ’n baie meer gebruikersvriendelike materiaal as Styrofoam- bekertjies!