Jy kan ook kyk na die skaal, kleur en plasing van die letter wat jy gebruik, byvoorbeeld lettertipes wat skree, kan groot (skaal) sowel as vet (styl) of selfs ’n helder kleur wees om byvoorbeeld die “SKREE”-persoonlikheid voor te stel.
Noudat jy hopelik oortuig is dat letters ons omring, kan ons dit nie vermy nie – ons begin om tipografie oral raak te sien! Kyk na die volgende voorbeelde: Die hele letter is “ontwerp” deur foto’s van beboude gebiede te neem en die lug as die positiewe vorm en die argitektuur as die negatiewe ruimte te neem. Is dit nie uitstekend nie! Dit lyk of ons nie slegs moet kyk nie, ons moet werklik SIEN.
Letters ontwerp met behulp van foto’s van toegeboude areas.
“Dit is nie waarna jy kyk wat saak maak nie, dit is wat jy sien.”HENRYDAVIDTHOREAU