Inligtingsgrafieke/-ontwerp: visuele aanbieding van inligting, data of kennis; word gebruik om komplekse inligting vinnig en maklik te verduidelik (bv. tekens, kaarte, joernalistiek, tegniese teks en onderwys); word ook uitsluitlik deur rekenaarwetenskaplikes, wiskundiges en statistiese ontleders gebruik om makliker inligting te kommunikeer Innovering: ontwerp van nuwe dinge; bekendstelling van nuwe metodes of idees vir maak of gebruik Intellektuele eiendom: die unieke idees, gedagtes, skeppings en geskrifte van ’n persoon Intensie: die hoofidee of probleem waarmee ’n ontwerper worstel of probeer om op te los Isolasie: om iets op sy eie en weg van ander dinge te laat staan Isometries: gelyke in dimensies en mates
J
Jukstaposisie: om elemente of objekte langs mekaar te plaas Juweliersontwerp: bybehore vir die liggaam of klerasie/uitrusting
K
Karaktereienskappe: ’n unieke kombinasie van kwaliteite wat spesifiek ’n voorwerp, persoon of spasie voorstel; kwaliteite wat dit laat onderskei van die res Keramiek: voorwerp wat uit klei gemaak is en wat van kwaliteit verander wanneer dit aan hitte blootgestel word;
2D-oppervlaktes soos teëls, 3D-voorwerpe wat slegs kunstig of dekoratief is of funksioneel soos ’n vrugtebak Kitsch: alledaagse artikels, objekte en dekoratiewe dinge wat as smaakloos, sentimenteel of as valse styl beskou word
Kleinhandel: die verkoop van goedere of produkte aan die publiek in relatiewe klein hoeveelhede; vir persoonlike gebruik eerder as om herverkoop te word Klem: ’n fokuspunt sal byvoorbeeld die voorwerp of gedeelte van die ontwerp beklemtoon; word aangewend deur middel van spesifieke kleure, teksture, lyne, ens. wat gewoonlik kontrasterend of van beter kwaliteit as die res van die voorwerpe in die gedeelte is; gebruik van elemente op ’n spesifieke manier sodat dit maksimum visuele aandag trek Kleurvibrasie: wanneer twee kontrasterende kleure gebruik word, reflekteer die grenslyn ’n persepsie van beweging of vibrasie Kleurharmonie: kleure langs mekaar op die kleurwiel werk goed saam of harmoniseer Kleurpalet: ’n spesifieke groep, reeks of ’n verskeidenheid van kleure wat vir ’n spesifieke projek geïdentifiseer is; die reeks kleure kan bv. kontrasterend, komplimenterend of monochromaties wees Kleurskakering: ’n spesifieke skakering van dieselfde kleur Kleurverskeidenheid: die gebruik van verskillende kleure Kleurwaarde: die ligtheid of donkerte van ’n kleur Kleurwiel: toon die verwantskap tussen kleure, soos primêre kleure, sekondêre kleure, komplimentêre kleure in ’n georganiseerde manier in ’n sirkel/sirkelvormige kaart; gebruik tydens die studie van die teorie van kleur Koel kleure: skakerings van die blou-en groenspektrum op die kleurwiel Komplimentêre kleure: kleure wat op teenoorgestelde kante van die kleurwiel voorkom soos rooi en groen, geel en pers, blou en oranje; ’n primêre kleur is die komplimentêre kleur van ’n sekondêre kleur (die meng van 2 primêre kleure) Komposisie: die uitkoms en rangskikking van die elemente/objekte van ontwerp binne ’n spesifieke 2-dimensionele of 3-dimensionele spasie Komposisionele beweging: word bewerkstellig deur die manier waarop die elemente saamgestel word in ’n uitleg; elemente trek die aandag van die kyker – die oog moet van een punt na die volgende in die komposisie beweeg Konsep: ’n algemene bewering of idee aangaande ’n potensiële produk Konseptualiseer: om met ’n idee vorendag te kom Konseptuele tekeninge: tekeninge wat idees of planne weergee