Grafiese ontwerp: van padtekens tot tegniese skematiese tekeninge; van interne kantoormemorandums tot naslaangidse; grafiese ontwerp verhef die oordra of kennis; leesbaarheid word verhoog deur die visuele aanbieding of voorlegging van die teks te verbeter, bv. logo’s, begin- en sluitingskrediete in films, boekillustrasies, grafiese beelde en uitlegte van tydskrifte en ander drukmedia en advertensieveldtogte Grafiese voorstelling: kommunikasie deur middel van eenvoudige illustrasies eerder as geskrewe teks as die hoofmetode van kommunikasie Groen-ontwerp: gebruikmaak van ontwerpmetodes wat volhoudbaar is deur die gebruik van herwonne, omgewingsgesinde en herwinbare materiale en ontwerpelemente, bv. sonenergie, besparing van water en elektrisiteit Groepering: die soeke na en vinding van ooreenkomste en konneksies tussen verskillende elemente sodat dit sal bydra tot die eenheid van ’n ontwerp Grond: agtergrond of oppervlak waarin vorms of merke geskep word
H
Halfrond: 3D-objek wat vanuit ’n 180 grade hoek/aansig beskou moet word Handelsmerk-kommunikasie-ontwerp: ontwerpproses wat gebruik word om ’n handelsmerk vir ’n nuwe produk of diens wat die unieke kenmerke van die produk of diens weerspieël, te ontwerp; wat die produk of diens van die mededingers onderskei, en wat ook die kenmerke wat verbruikers met hierdie produk of diens assosieer, reflekteer Handelsmerk: beskryf of identifiseer ’n unieke produk of diens deur gebruik te maak van ’n naam, simbool, merk, visuele beeld, logo of ’n kombinasie daarvan Handewerk: gewoonlik die tradisionele manier om items bekwaam met die hand te vervaardig; het meestal ’n funksionele doel; aktiwiteite soos weef, mandjieweef, houtkerf en keramiek/pottebakkery Handgemaakte vorms: enige voorwerp wat met die hand gemaak word en nie deur masjiene nie Handvervaardig: slegs met die hand gemaak, sonder masjiene Harmonie: aangename kombinasie en verhouding van elemente waaruit die finale komposisie bestaan Herkoms: kwaliteite, eienskappe, tradisies van die lewe wat verwys na dinge met historiese belange wat ’n groot impak op die samelewing gehad het en wat van geslag tot geslag in ’n spesifieke kultuur, oorgedra word Herontwerp: om ’n bestaande ontwerp te verbeter Herwin: enige gedeelte van ’n voorwerp wat vir die soortgelyke doel of ’n ander doel aangewend word Hoë reliëf: ’n 3D-vorm wat uit ’n plat agtergrond oprys
Hoogtemerk /‘highlight’: ’n punt of area wat beklemtoon word deur die gebruik van helder kleure; waarde of lig wat direk reflekteer Horisontale lyne: lyne wat van kant tot kant loop (regs tot links); verste punt in die agtergrond waarneembaar; die verdwyningspunte is op die horison; waar die lug en die grond ontmoet
I
Ikoon: in die Griekse taal beteken dit ‘prent’; enige prent/beeld/objek/persoon wat die basiese waardes van ’n kultuur uitdruk; skep ’n indruk dat basiese waardes vir nie-spesifieke kulture aangespreek word Illusie: ’n voorkoms in teenstelling met feit Illustrasie: die voorstelling van ’n voorwerp of situasie deur middel van ’n tekening; ’n tekening/visualisering wat iets spesifieks uitbeeld; tekeninge, beeld of voorbeeld wat gebruik word om iets verder te verduidelik Industrialisasie: verskuiwing van klem vanaf handgemaak tot masjienvervaardig Industriële ontwerp: ontwerp van ’n produk en die ontwikkeling van konsepte en spesifikasies wat die voorkoms, funksie en waarde van produkte en sisteme verbeter; tot voordeel van die verbruiker en vervaardiger; verbeteringe kan volhoubaarheid, ekonomiese groei en verbruikersvriendelikheid van dienste en produkte aanspreek Industriële ontwerper: ontwerp funksionele produkte soos metodes van vervoer (motors, fietse, motorfietse), selfone, meubels, tandeborsels, mediese toerusting en ander produkte wat gewoonlik ons lewenstandaard verhoog en volhou Inhoud: die onderwerpmateriaal of besonderhede van ’n konsep, idee, ontwerp of dokument