Hierdie Duitse plakkaat het die woorde “die gevaar van die Bolsjewisme” aan die onderkant en vertoon ’n geraamte met ’n mantel wat ’n bebloede mes vashou. Die term Bolsjewisme verwys na revolusionêre Sowjet (Russiese) politieke aktiwiteite wat uiteindelik tot die aanvaarding van kommunisme sou lei.
’n Werwingsplakkaat vir die Hitler- Jeug. Die slagspreuk lui “Die jeug dien die leier. Alle tienjariges, kom sluit by die Hitler-Jeug aan.”