De Stijl is die Nederlandse woord wat “die styl” beteken en ook die naam wat aan ’n publikasie gegee is wat in 1917 deur Van Doesburg geproduseer is. De Stijl het dieselfde bedoelings gehad as ander moderne bewegings deurdat dit ’n nuwe realiteit wou skep wat op logika en orde gegrond was en nie op visueel herkenbare beelde nie. Hulle wou die mens bewus maak van nuwe ontwikkelings in kuns en tegnologie.
Die beweging se abstrakte styl was nie onderhandelbaar nie en het toekomstige bewegings beïnvloed – selfs vyf jaar later en nog verder aan. Hulle het slegs primêre kleure saam met grys en wit op vierkantige of reghoekige vlakke gebruik en dit is deur swart horisontale en vertikale lyne ingesluit. Die primêre kleure is soms deur wit ruimtes geskei. Die oppervlakke van hulle ontwerpe het geen tekstuur, patroon of tonale verskille getoon nie. Die kleure het as ’n eenheid van reghoekige vlakke of gladde, plat oppervlakke voorgekom. Hierdie beweging kan gesien word as die breuk tussen die moderne mens en die natuur. Hulle kuns- of ontwerpwerk het nie enigiets van die natuur verbeeld nie, aangesien hulle iets wou skep wat lyk asof dit masjiengemaak en nie ontwerp is nie. Die masjien is teen daardie tyd as simbool gesien van iets wat groot krag en skoonheid verteenwoordig.
Die ontwerpe moes dus gestroop wees van individualiteit en emosie om die onbetrokke, koue en onpersoonlike kwaliteit van masjiengemaakte goedere voor te stel. Onthou dat die 20ste eeu bekend was as die era van die masjien, aangesien dit deur talle mense as ’n tegnologiese wonder gesien is. Die masjien is aanvanklik deur sommige bewegings verwerp en deur ander omarm, soos jy in Module 2 geleer het.
kwaliteit van masjiengemaakte goedere voor te stel.
Die ontwerpe moes dus gestroop wees van individualiteit en emosie om die onbetrokke, koue en onpersoonlike
Die masjien was in daardie tyd as simbool gesien van iets wat groot krag en skoonheid verteenwoordig.
De Unie, Hoofkwartier van De Stijl
Gerrit Rietfeld, Kruiwa Theo van Doesburg, Interieur vir danssaal