As jy die styl of benadering van Julian Beever verkies, stel ons voor jy gebruik die volgende aktiwiteite:
Julian Beever is ’n Engelse krytkunstenaar wat sedert die middel 1990s tromp-l’oeil- kryttekeninge op sypaadjie-oppervlakke doen.
?
HETJYGEWEETBeever ontwerp eers sy werk op papier. Wanneer dit voltooi is, word ’n kamera op ’n afstand van die kuns op die sypaadjie geplaas. Hy keer telkens na die kamera terug om deur die lens na die beeld te kyk. Hy gebruik dan die kamera se wyehoeklens om ’n optiese illusie te skep wat die werklike grootte van die voorwerpe verwring en help om perspektief te behou. Hy gebruik dan ’n projeksietegniek wat anamorfose genoem word om die illusie van drie dimensies te skep wanneer dit uit die korrekte hoek gesien word. Dit is dikwels moontlik om ’n persoon binne die beeld te plaas asof hulle aan die toneel deelneem.
STAP1 Doen navorsing oor Julian Beever en kies ’n paar van sy beelde. Gebruik jou visuele navorsing vir leiding en inspirasie. Skep ten minste twee bladsye visuele navorsing in jou werkboek.