Die saal is in ’n vrye asimmetriese fatsoen en vertoon die ontwikkeling van ’n nuwe fasade-element, wat ’n wigvormige baksteen was. Hierdie element het dit moontlik gemaak om al die kurwes van die onreëlmatige buitekant te bou. Dit is moontlik gemaak deur die wigvormige bakstene van die konsertsaal se mure met die kort kant na binne of buite te laat wys om die kurwes te bou.
Die hoofgebou het ’n kromlynige vorm wat in teenstelling is met die horisontale lyne van die afdak en die ander geboue in die kompleks.
Kontras is deur die growwe tekstuur van die wigvormige bakstene en die gladde tekstuur van die afdak en die vensters verkry. Die hoofkleur is rooi, terwyl die afdak en die ander geboue in die kompleks wit en groen is.
?
HETJYGEWEETDr. Mulalo Doyoyo, gebore in Limpopo, is bekend vir sy uitvinding van ’n materiaal wat uit steenkoolas gemaak is en Cenocell genoem word. Hy het meer as 30 wetenskaplike publikasies agter sy naam en is die houer van twee patente.
PRODUKONTWERP Die Mier-stoel deur Arne Jacobsen, 1952
Toe dit deur Fritz Hansen ontwerp is, het dit slegs drie pote en geen armleunings gehad nie. Dit is oorspronklik ontwerp vir n kantien van ’n Deense aptekerswese. Die stoel is pragtig en elegant. Die stoel was aanvanklik nie baie gewild nie. Toe dit deur Fritz Hansen ontwerp is, het dit slegs drie pote en geen armleunings gehad nie. Dit was in 1952 revolusionêr as gevolg van die skulpvorm-ontwerp met die rugkant en sitplek wat gemaak is uit een stuk gelamineerde hout wat met 9 lae fineerhout en 2 lae katoentekstielstof tussenin gevorm is. Die stoel het eenvoudige gekromde lyne wat ’n mens laat dink aan ’n mier wat sy kop lig, rede hoekom dit daarna vernoem is.
Die drie pote is van chroom- of satynchroomstaal gevorm. Die stoel het eenvoudige gekromde lyne wat ’n mens laat dink aan ’n mier, waarna dit vernoem is. In die 1980-model van die Mier-stoel is ’n vierde poot bygevoeg.
Die reeks kleure is vandag redelik wyd met al die nuwe kleure in die moderne weergawe en is beskikbaar in lak of in esdoring- of beukefineer of donkerebeitste eikehout. Die basis is steeds chroom- of satynchroomstaal.
Hierdie stoel met sy organiese miervormige voorkoms deel vormeienskappe met die werk van Juan Miro van die Surrealistiese beweging.