Volgende vraag! Hoe lyk ’n geïllumineerde letter of geïllumineerde manuskrip?
’n Illuminering is ’n ekstra versiering wat die bladsye van ’n geskrewe of manuskripbladsy ophelder. Die term illuminering beteken om met lig te vul. Die effek word verkry met die aanwending van goudblad aan die letters en beelde, wat dan die lig weerkaats en lyk of dit gloei.
’n Geïllumineerde letter was gewoonlik die eerste letter van ’n bladsy of paragraaf. Dit was altyd groter as die res en dele daarvan is met kleur en goud ingevul, terwyl die res van die teks swart gebly het. Die beelde het die letter laat uitstaan en het diere, plante en mitologiese kreature ingesluit. Hierdie beelde is gevorm om in en om die letter te pas en het in sommige gevalle die vorm van die letter self aangeneem. Aangesien die optekening van geskiedkundige gebeure so ’n belangrike taak was, is illuminerings deur konings en godsdienstige leiers aangevra om by verskillende bladsye
Jou projek Jy moet jou eie persoonlike geïllumineerde letter ontwerp.
Die letter wat jy gaan gebruik, moet jou eie voorletter wees, of die voorletter van iemand na aan jou. Die rede hiervoor is dat jy organiese en natuurlike voorwerpe as verwysing gaan gebruik om hierdie letter baie persoonlik te maak; die organiese verwysing sal betekenisloos wees sonder ’n persoonlike verband. As jy dus jou ouma, wie se naam Maria is, gaan kies en sy hou baie van perskes en pere en ruik na laventel, maak dit die kreatiewe proses soveel meer persoonlik en sal dit makliker wees om kreatiewe motiewe wat haar persoonlikheid kan weerspieël, te kies om in te sluit. Dit is soveel makliker om ’n pragtige hoofletter “M” te skep wat versier is met ontwerpe wat van perskes, perskeblare, perskebloeisels of -pitte as jy die persoon ken. Tussen die perskes en voorstellings van perskes kan jy ’n paar voorstellings van pere insluit en dit met lang stingels laventel saambind. Kan jy sien hoe persoonlik dit kan word? Ons wil hê dat die stilering van hierdie ontwerp in die Art Nouveau-styl moet wees en jy moet al die inligting wat jy tot dusver versamel het, gebruik. Jy leef egter in die 21ste eeu en nie aan die einde van die 19de eeu nie, en dis belangrik dat jou ontwerp dit moet weerspieël. Soos eietydse ontwerpers die styl van die Art Nouveau voorstel (eerder as om dit na te boots), soos ons gesien het in die muurpapier waarna ons vroeër gekyk het, moet jy ook probeer om jou geïllumineerde letter eietyds te maak. Moenie ’n oorspronklike Art Nouveau-ontwerp kopieer nie. Jy kan hierdie voorbeelde bestudeer en daaruit leer, maar dis belangrik dat jy die ontwerp verpersoonlik en van die begin af ’n oorspronklike ontwerp maak.
224 /////
ingevoeg te word sodat belangstelling geskep en belangrikheid aan die voorkoms geheg kon word. Namate geskrewe tale ontwikkel het, het verskeie lande illuminering in hulle manuskripte gebruik en die tradisie is vir honderde jare in Middeleeuse Europa voortgesit. Teen die 7de eeu was illuminerings ’n hoogs gerespekteerde kunsvorm. Van die mooiste en belangrikste illuminerings is in hierdie tyd in Ierland en Engeland geskep.
Illuminerings beskryf ’n tyd
in die geskiedenis toe die vermoë om te lees heilig was en vir godsdienstige leiers en dié met koninklike bloed gereserveer was. Aangesien dit groot vaardigheid geverg het om sulke pragtige items te skep en omdat sulke skeppings so belangrik was, was dit ’n wonderlike tyd in die geskiedenis vir kunstenaars! Sonder hulle vaardighede en talente sou sulke pragtige beelde dalk nooit eers bestaan het nie! Amy E. Bruce http:// www.fcps.edu/DIS/OHSICS/FineArts/ pdfs/Illuminations1.pdf