Lettertipes bestaan uit ’n aantal lettervorms, insluitend onderkas-alfabetletters, bokas- of hoofletter-alfabetletters, getalle en simbole wat almal saam ontwerp is en aan een familie behoort. ’n Lettertipefamilie kan meer as een weergawe van die lettertipe binne dieselfde letterfamilie hê, byvoorbeeld daar is ’n baie smal weergawe en ’n dik, of vetdruk, weergawe van dieselfde lettertipe.
Die Arial-letterfamilie bestaan uit ’n aantal lettertipe, insluitend Arial, Arial Narrow, Arial Black and Arial Rounded.
Die eerste dinge waarna jy moet oplet, is die sleutelterme wat gebruik word om verskillende aspekte van die ontwerp van ’n lettervorm te beskryf. Dit sluit in:
1. Aspekte wat met ’n individuele lettervorm verband hou: a. Die x-hoogte, bosteellyne (stokke) en ondersteellyne (sterte) b. Serifs c. Lettertipe-kategorieë d. Romein, kursivering en vetdruk
2. Aspekte wat met die verwantskap tussen lettervorms verband hou: a. Reëlspasie en letterspasiëring b. Ligature c. Inlynstelling
Meeteenhede
• Die meeteenheid in tipografie staan as ’n “punt” bekend. Hierdie meeteenheid is redelik oud en maak van ’n duimverwysing gebruik. Daar is 72 punte in ’n duim, wat omgereken kan word as 72 punte in 25,4 mm. Wanneer jy ’n toepaslike lettertipegrootte kies, moet jy aandui watter puntgrootte jy wil gebruik.
• Die puntgrootte van ’n lettervorm is nie die enigste belangrike meting nie. Wanneer ’n lettertipe of individuele letter ontleed word, is dit belangrik om die x-hoogte te identifiseer. Neem die x van ’n lettertipe en meet dit van die bopunt (middellyn) na die onderpunt (basislyn) om die x-hoogte te kry, vandaar die naam van die term. Natuurlik kan die volgende letters ook by hierdie meting ingesluit word: u, v, w, en z. Dit is belangrik om te weet dat gekromde letters soos a, c, e, m, n, o, r en s meestal neig om die x-hoogte effens te oorskry en dus nie met veiligheid gebruik kan word om die x-hoogte te bepaal nie. Die rede hiervoor is dat die ronding van die letters gewoonlik buite die middellyn en basislyn strek. Die rede vir hierdie verskil is baie interessant. Tipograwe het besef dat sodra hulle die geronde letters binne die x-hoogte gebruik, hulle volgens puntgrootte kleiner vertoon as die res van die letters. Dit is dus die rede waarom tipograwe gewoonlik daardie letters effens groter as die res ontwerp.
• Wanneer jy die x-hoogte van jou letter vasgestel het, kan jy dit gebruik om die bosteellyne (ascenders) en ondersteellyne (descenders) van die lettertipe te identifiseer. Om die ondersteellyne van jou lettertipe te identifiseer, trek ’n lyn wat ewewydig is aan die bolyn van jou x-hoogte op die bopunt van die vertikale streep van die “b”-lettervorm. Die bosteellyn van jou lettertipe is die afstand vanaf die bopunt van die x-hoogtelyn tot by die bopunt van die “b”- lettervorm. Op dieselfde manier word die ondersteellyn van jou lettertipe geïdentifiseer. Trek ’n lyn ewewydig aan die onderkant van die x-hoogte wat kontak maak met die onderkant van die “q”.