Modernisme het ’n uitgebreide invloed gehad regoor die wêreld en was ’n belangrike beweging van die 20ste Eeu.
Die voorbeelde wat hier uitgebeeld is, is almal Suid Afrikaanse voorbeelde van Modernisme. Bestudeer die voorbeelde A & B en verduidelik hoe elk die Modernistiese idees van “Vorm volg op funksie” en die idee van “Getrouheid aan materiale” uitgebeeld het.
C & D is voorbeelde van Suid-Afrikaanse visuele kommunikasie gedurende die 1950s. Vergelyk hulle met voorbeelde van Europa en Amerika wat in jou teksboek verskyn onder Modernisme. Verwys in jou vergelyking na die plasing van visuele beelde, balans, kleur en lettertipe.