Dit is hoe maklik iets gelees kan word. Deur spesifieke lettertipe uit te kies en aanpassings te maak aan die grootte en spasiëring, is dit moontlik om dit makliker te maak om opskrifte en groot blokke teks te lees. Ontwikkeling in rekenaartegnologie en digitale ontwerpgereedskap beteken dat amper almal visuele mediums met letters en beelde kan produseer.
“Die vinnige groei en vooruitgang van moderne lessenaarpublikasie, webgebaseerde publikasie en multimedia-aanbiedings vergroot steeds die verwarring met toenemende font- en uitlegmoontlikhede, vertoon- en drukopsies, en die behoefte daaraan om doeltreffend met ander media te
integreer.” LIDWELLETAL,2003:124 “
Vir ontwerpers is dit baie belangrik om altyd te oorweeg hoe jou ontwerpbesluite die leesbaarheid van die inligting of teks in jou ontwerp sal beïnvloed, en jy moet altyd na die volgende oplet:
Teksgrootte
Die grootte van jou teks hang af van wat jy doen en wie jou teikenmark is. As jy iets vir ouer persone ontwerp, is dit belangrik om groot letters te gebruik. Blokke teks word gewoonlik in ’n lettergrootte van tussen 8-10 punte gedruk. Dit hang egter af van die x-hoogte van die lettertipe wat jy gebruik. Sommige fonte lyk kleiner as ander lettertipe van dieselfde puntgrootte en dit is as gevolg van ’n kleiner x-hoogte. Die teenoorgestelde is ook waar wanneer lettertipe met ’n groter x-hoogte groter lyk as ander lettertipe van dieselfde puntgrootte. Die algemeenste fout wat ontwerpers gewoonlik met die lyfkopie maak, is dat die teks te groot is. Dit is nie net onnodig nie, aangesien mense wat tydskrifte en koerante lees, die teks van naby kyk sodat hulle dit maklik kan lees, maar dit mors ook ruimte! Ons moet altyd probeer om verantwoordelik te wees en nie hulpbronne te mors nie. (Sien meer voorbeelde op bl.67)
Lettertipe
Dekoratiewe lettertipes kan visueel opwindend wees, maar hulle is baie moeilik om as ’n blokteks te lees. Dit is die beste om ’n eenvoudige serif- of sans serif-font vir groot blokke teks te gebruik en dekoratiewe lettertipe vir opskrifte en enkelwoorde. Daar word oor die algemeen aanvaar dat gedrukte lyfkopie makliker lees wanneer ’n serif-lettertipe gebruik word, waar opskrifte weer duideliker vertoon wanneer dit in ’n sans serif-lettertipe ontwerp is. Dit word geïllustreer wanneer ons na koerante en tydskrifte kyk – amper almal van hulle het ’n serif-lettertipe vir die lyfkopie. In ’n paar gevalle waar ’n sans serif-lettertipe gebruik word, word dit met ’n groot reëlspasie gedoen en in gevalle waar daar nie te veel teks is nie. Op padtekens sal jy slegs serif-lettertipe sien, aangesien hulle baie sigbaarder op groter skaal is.
Interessant genoeg is die teenoorgestelde waar wanneer vir ’n skerm ontwerp word.
Lyfkopie op ’n webwerf lees makliker wanneer ons ’n sans serif-lettertipe gebruik – sommige sans serif-lettertipe soos Tahoma en Verdana. is selfs vir hierdie doel ontwerp.
Dekoratiewe lettertipe word dikwels vertoonfonte genoem, aangesien hulle gewoonlik vir vertoondoeleindes gebruik word en om baie aandag te trek. Vertoonfonte werk die beste as die opskrifte nie te lank is nie en daar moet verkieslik nie slegs hoofletters gebruik word nie, tensy daar geen onderkas is in die lettertipe wat gebruik word nie. Iets om te onthou, is dat vertoonfonte of dekoratiewe fonte dikwels modegebonde is en hulle “vars voorkoms” en aanloklikheid of aantrekkingskrag verskraal gou. As jy iets moet ontwerp wat ’n rukkie moet hou, soos ’n logo, is dit dikwels die beste om by die klassieke style te hou. Daar is ’n rede waarom hulle klassiek genoem word! (Sien voorbeelde op bl.67)